BB, Shilo en Sobek kuier op Rebusfontein

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein.

Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.

Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.

Rebus is ons wegloopplek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.

As jy ooit lus het om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

***

Seegogga het Blommetjie, Kameel se koei geverf. Te pragtig vir woorde. Toe hulle ons roep om te gaan kyk, het BB, Shilo en Sobek reeds die nuus kom aandra.

“Ma, wie is daardie tannie wat die koei daar buite verf?” wou BB weet.

“Nee, man, BB, niemand sal ‘n koei verf nie, die vrou borsel haar seker net.”

Ek het nog nie gesien dat ‘n mens ‘n koei soos ‘n perd borsel nie, maar dalkies doen een van die goue vroue tog so iets?

“Ja, nee, wraggies,” beaam San. Sy het dit ook nog nooit gesien nie. Tog blink die haartjies altyd mooi.

“O, soos ons hare geborsel word as ons Waggy Tails toe gaan?” vra Shilo. Hy hou niks daarvan nie.

“Ja, dit is lekker,” val Sobek in. “Koeie sal ook daarvan hou om geborsel te word.”

Ek staan so en luister na die kinders van my. Een ding is gewis, hulle maak darem of hulle van die gekammery hou.

“Is hier ook dorings in die gras?” vra BB.

Want sy is nou net mooi moeg daarvoor om buite die huis in Kuruman te stap. Agter buite. Daar is bietjie randsteen naby die huis. Goed, seker genoeg, maar as jy afgaan, is jou pote vol dorings. Daar is net grond en dorings. Hulle het sommer besluit daar stap hulle nie weer nie.

“Dit is nie lekker nie,” kla BB.

Sy hardloop klaar op drie beentjies rond.

Haar een voorpootjie is seer. Ek moet haar dierekliniek toe neem. Ek hoop maar hulle weet van honde ook. Want, kan jy nou meer, die veearts is uit na die plase toe.

BB is bekommerd, sy is nie ‘n perd, koei, skaap, bok of vark nie. Haar voetjies lyk anders. Ken ‘n veearts van Kuruman die verskil?

Ons het skaars uitgemaak dat die koei sowaar geverf is, toe is daar een hêngse lawaai op die plein.

Van die goue vroue se diere het mekaar aangevat dat die hare, vere en so aan waai.

“Kom,” roep Sobek, “ons moet gaan kyk wat aangaan.”

Aangesien die kinders van my baie vinniger as ek hardloop, is hulle eerste daar. Sit hulle op die kant en kyk of hulle iemand herken.

Maar bly ver van die aksie, soos hulle geleer is.

Hierdie mamma hou nie van bloed nie, sy kap om.

Toe alles bedaar het, het BB gaan kyk of daar enige beserings is wat reggedokter moet word. Sy beveel Sobek se tong aan vir enige een met ‘n seertjie hier of daar.

My liefste vierbeenkind.

“Ma,” vra BB, “baklei die diere gereeld op Rebus?”

“Nee, BB, hierdie is die eerste keer waarvan ek weet. Anders sou ek julle mos nie saamgebring het nie.”

Toe eers is die drietjies effens gerusgestel.

Maar ek is bekommerd.

Wat sou dit veroorsaak het?

9 gedagtes oor “BB, Shilo en Sobek kuier op Rebusfontein

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.