Ek is Sankie – die Miniatuur Schnauzertjie

Hierdie plasing vorm deel van die volgende bloguitdaging:

“Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas is, soos Steve Hofmeyr oor spoke sing, so bietjie dom as ons nie so vinnig met die tegnologie is nie. Maar, daar is baie wat hulle nie weet nie, want ons oumas was ook kinders. En ons kan stories vertel …

‘n Bundel kinderstories uit die pen van die Goue Vroue

***

My naam is Sankie en ek is ‘n pikswart Miniatuur Schnauzer, die enigste swart Schnauzer wat my ma geteel het. Shilo is saam met my pa Sparkie se kind, Seth en Sobek is kinders van ‘n ander pa. Want ma het twee keer dat ma BB babas kry, elke keer ‘n ander pappa. Ons het ons pa’s nooit leer ken nie.

My naam is nie soos my broets en susters s’n aan ‘n versameling gekoppel nie, want ma se seun (my boeta) het my piesang genoem. So laat ek eers my lewens verhaal vertel om dit te verduidelik.

Ma en boete het binne ‘n week opgemerk daar is fout met my. Ek word baie maer. Toe is ma veearts toe met my. Toe ek in die tannie dokter se handpalm lê (ja, regtig, dot is hoe klein ons as babas was) het ek my asempie uitgeblaas. Ek was uitgehonger en gedehidreer.

Die dokter het my na haar tafel geneem, my hartjie gemasseer en ek het weer asem gehaal. Sy het na ma toe gekom en gevra of sy my maar kan uitsit want ek het probleme. Ek het ‘n haaslippie.

Ma was verstom. Sy het nie geweet woefkinders kan ook haaslippies kry nie. Sy neem aan dit is die manier waarop ek in maBB gelê het. Ek was een van elf babas.

Toe sy haar asem terugkry, sē sy nee, sy kan my nie lewendig maak en dan vra dat sy toestemmimg gee dat ek weer doodgemaak word nie. Sy sal vir my sorg. Wat het sy nodig.

So is ons uit die kliniek ek. Ek en my ma en poeiermelk vir babahondjies en ‘n piepklein tietiebotteltjie en piepklein tieties. Ma het genoeg gekoop.

Toe moes ma my elke twee ure voer. Ek het op my agterbeentjies gestaan en gesuig. Dit het sukkel-sukkel gegaan, maar ek kon darem van die melk inkry. Hoe later, hoe kwater, ek kon naderhand sommer vi’nnig ‘n tiet leeg drink.

Tannie dokter het gesê ek mag net soveel en soveel kry, maar ma het my jammer gekry. As ek nog wou hê, was ek nog dors. Dan het sy nog van die peperduur melkies aangemaak. Tot my magie teommeldik gedrink is.

Wanneer Boeta se meisie daar was, het sy in die aand opgestaan en my melkies gevoer. Ek is baie lief vir hulle twee, hulle het opgeoffer vir my. Al slaap hulle lekker, het hulle opgestaan en gehelp dat ma ook kan slaap.

Jy weet nou seker waar my naam vandaan kom?

Nie?

Wel, boeta het my piesang genoem. Volgens hom het my lippue soos ‘n piesang gelyk. Ma het botweg geweier, ek gaan nie piesang wees nie, dit is klaar. So het hulle ‘n ooreenkoms bereik.

Sankie, afgekort vanaf piesankie. En jy beter dit weer vergeet, ek sukkel om dit te vergeet en ek wil nie herinner word nie.

Ek het my eie bed gekry, in ‘n boksie. Met ‘n warmwatersak wat ma gaan koop het. Daardie soort met met boontjies in. Ma het dit in die nag weer warm gemaak want ons is in Maart gebore. En die winter het voorgelê.

Ry 1: Die dag toe ons moes foto’s neem om saam te gaan Kazakhstan toe, en ons as babatjies. Ek het niks wit aan my nie, ook nie bruin nie. Ekmis swart. Ry 2: Ek hou nie van poseer nie, ma hou daarvan en ek sit ewe oulik in die kar. Ry 3: Ek was stout, kyk net hoe skuldig lyk ekke. Dan gryp ma ‘n kamera om af te neem en vergeet van raas. En nog een van die geposeerde foto’s by die rivier. Dit is al hoe ma ons stilgesit kry dat sy foto’s kan neem.

Ek het gehoor hoe my boete en sussa ma BB se magie leegdrink, en dan speel hulle voordat hulle slaap. Ek kon net luister, ma het my een keer by hulle gesit toe sy sien hoe ek verlang, maar hulle was te rof met my. Toe slaap ek liewer alleen in my eie bedjie.

Toe ek groter is, het ma my weer veearts toe gevat. Sy het gehoor die een in Piere van Reyneveld in Pretoria is baie goed. Hulle het my verhemelte bietjie vasgewerk. ‘n Paar ekstra tandjies getrek. En my lippie vasgewerk. Dit het nie baie gehelp nie, dit lippie het weer losgegaan. Die oom dokter het gesê ek moet later jare weer terugkom, die neusie moet eers volwassene grootte bereik.

Ek is nie so mooi soos my ma en boeties en sussies nie, want my een tandjie steek deur my lippie. Maar ma sê ek is haar pragtige meisiekind. En dan liefie sy my, speel met my ore en rek en trek my velletjie. Ek is mal daaroor, as ek soos Splinter ‘n kat was, het ek gespin. Splinter is my boete se kat, bly saam met Seth by hom en sy vrou en ma se nuutste kleinkindjie.

Ek is die kwaaiste van al ma se kinders. As ek wil eet, moet die ander staan en wag. Want ek moes staan en wag toe hulle geëet het. Hulle het mper my dood gekos, hulle moes nou weet dat ek nie maklik vergewe en vergeet nie.

Ek is ma se oplettendste kind, ek sien alles altyd eerste. Toe ek die een keer dat by die rivier ma se oudste kleinkind om die hoek gehardloop sien gekom, het iets vreesliks gebeur. Toe ek weer sien, is ek leier van die pak, met Shilo en Sobek en Seth en ma BB agter my aan. Die kleinkind het geval, ek het my poegaai geskrik en toe byt ek aan die been voor my. My lippie het nie gekeer nie, toe sit daar een gaatjie waar die een tandjie uitstaan.

Ma was nie beïndruk nie. Sy het haar besimpeld geskrik. Ek wou jammer sê, maar sy was kwaad. Ek het haar kleinkind seergemaak. Hoe moes ek weet dat die simpel tand ‘n gat sou maak. Klein, maar dit was ‘n gat in sy vel.

Sy mamma (ma se dogter en my sussa) was nie kwaad nie, maar my ma was baie kwaad. Sy besef ek het geskrik en gedink ek moet beskerm en ek is vergewe. Dit was nie so nie, my simpel tand het in sy been ingesteek omdat dit wegstaan van my mondjie af.

Ek is reggemaak, as jy weet wat ek bedoel. My goeie gene sal ongelukkig mie verder kan teel nie. Weens my gebrek het ek gedink. Maar ma sê sy sien nie weer kans om babatjies groot te maak nie. Ek weet sy beskerm net my gevoelens. Maar glo my, ek is tevrede, ek dink nie ek is die ma-tipe nie. Ek soek al die aandag vir myself. Ma BB deel die aandag graag met jaar kinders. Ek sal sukkel daarmee, ek soek kwaliteittyd. Alleentyd.

Toe ma en pa nog besig was om planne te maak om na Kazakhstan te gaan, het haar vriendin van Struisbaai haar gebel. Sy is in Pietersburg, kyk uit vir ‘n hondjie by die DBV, haar Tessa soek ‘n maatjie.

Ma se hart was in stukkies omdat sy nie al haar kinders kon saamvat Kazakhstan toe nie. Drie, maar beslis nie vier nie, het die eienaar van die woonstel laat weet.

En ma moes kies. Iemand moes bly.

Ma BB kon nie bly nie, sy is ma se eerste kind. Sobek kon nie bly nie, hy is jannie-jammergat, sal nooit daaroor kan kom as sy hom los nie. Is so, lees maar self sy storie, hy het al vertel. Shilo was haar kind wat moeilik maats gemaak het, hy soek net vir haar. Dan is hy gelukkig.

Dus het ek oorgebly.

Ek was liefdevol, het altyd probeer om alleen op haar skoot te sit, maar dan druk en stoot die ander ook.

Toe ek egter hoor dat sy nie ‘n swembad het nie, was ek bly dat ek by haar gaan bly. Ek haat swem, net soos my boetas en my ma. Dit was dan die laaste van swem het ek gedink.

Sy het vergeet om vir my te vertel dat Struisbaai se swembad baie groot is. My nuwe ma noem dit die see.

Ek is egter my nuwe ma se seun se kind. Hy bly by sy ma. Haar kind is Tessa, die poedel, ek is haar seun se kind.

Ek slaap op sy bed, slaap met my koppie op sy been en ek volg hom oral. My ander ma het my nie verniet haar skaduwee genoem nie. Ek loop langs hom, net soos ek langs haar gestap het. Hy hoef nie my leiband aan te sit nie, maar hy doen. En dan stap ons twee die hele Struisbaai vol. Of so voel dit vir my. Ek is baie, baie lief vir hom.

En baie, baie lief vir die alleen-aandag.

Toe my ander ma terug is van Kazakhstan wou sy weet of sy my moet kom haal. Want dit was die ooreenkoms. As ek nie aanpas nie, kom haal sy my sodra sy terug is in die land.

Ek was absoluut bevrees dat ek weer in ‘n stad moet gaan bly. Om met Shilo en Sobek en ma BB om ‘n plek op ander ma se skoot te baklei.

My nuwe ma het gesê ek is aangepas, haar kind se skaduwee. En my ander ma was gelukkig omdat ek gelukkig is.

As ek myself in een woord moet beskryf, sal dit wees dat ek liefdevol is. Ek floreer as ek alleenaandag kry.

Ek is so effens stout by my nuwe ma. Sy moet Tessa se kos eenkant gee en myne een kant. As sy dit nie doen nie, staan ek oor altwee bakke dat sy niks kry nie. En dan raas ander ma, want Tessa is haar kind.

Ek kan dit nie help nie, maar jy verstaan mos waarom ek dit doen. Dit kan teruggetrek word na my kinderdae – toe my sibbe alles gedrink het en nie omgegee het dat ek nie kan nie omdat my lippie nie mooi toe is nie.

Dit is dan die laaste verhaal van ma se kinders.

Die ander stories in die reeks kan hier gelees word:

https://fresh.inlinkz.com/party/d9a4e9bae6aa4e179beee4acc3690247

8 gedagtes oor “Ek is Sankie – die Miniatuur Schnauzertjie

    1. Sy is die mooiste ou dingetjie. Jy kan haar nie miskyk nie, sy word daar soos ‘n poedel gesny. Ons harte het geruk van skrik, maar sy is nou my vriendin se kind. Wolle tussen die oortjies, skoon bekkie. Want sy mors, soos myne, met water op die vloer nadat sy gedrink het.

      Liked by 1 person

        1. Ek oorweeg om iewers voor die winter vir haar te gaan kuier. Ons lewe is op die oomblik bietjie deurmekaar. Ons is nie meer so naby aan lughawens nie. Hier was een, ook in Kuruman. Covid het dit weggevat. Weet nie of ek gaan kla nie, ons gaan nou baie naby aan die lughawe bly ….

          Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.