Ek het San Dreyer deur haar gedigte leer ken, sy het die mooiste gedigte geskryf. Haar skuilnaam wat Gedigte Wat Jou Laat Dink.
En toe hou sy op, want die gedigte gaan ‘n boek word. En vee haar blog ook uit. Want sien, die gedigte gaan mos boek toe.
Ek het die geselsies gemis, maar ons was darem penvriende want ons het deur ons geselsies op haar blog ook WhatsApp vriendinne geword. Tans is ons Signal vriendinne.
Met die kinderstorie uitdaging het ek San gaan opsoek, wil jy nie saamskryf nie?
En sy is dadelik vuur en vlam.
Maar, o wee, nie een van ons twee het verwag dat dit so ‘n gesukkel gaan afgee om weer te begin nie.
WordPress wou haar nie toelaat om ‘n gratis blog te hê nie. Ons het gesoek en gesukkel en ek het selfs een van my kant af geskep, met ‘n ander e-posadres en al, dat sy weer aan;yn kan kom. En raai wat doen WordPress aan haar kant? Sy is ‘n volger en nie ‘n skrywer nie toe sy die webwerf wat ek geskep het gaan besoek.
Sy het egter deurgedruk, elke dat weer gesukkel en uiteindelik laat WordPress haar toe om weer te blog. Gratis en verniet.
Wn toe kan ek haar nie vind nie. As ek my e-pos intik om haar te volg, sê WordPress dat ek nie bestaan nie. As ek kommentaar wil lewer, gee dit die e-posblok met al die detail, asof ek nie bestaan nie.
Maar, na twee weke se gesukkel is San weer aanlyn. En ek het haar eerste twee inskrywings besonder baie geniet.
Sy waarsku bloggers dan sommer ook in die nuutste skrywe dat mens nie moet uitvee en loop nie. Die terugkom is ‘n hele proses …
Lees gerus haar eerste twee bydraes hier, ek hoop sy gaan sommer gou baie volgers kry. Ek weet die Goue Vroue gaan haar geniet. https://sandreyerskryf.wordpress.com/
Ek doen, ek lees baie van myself in haar vertellings raak. Manlief is net so onoplettend wat my kleredrag betref …
Dit is dierbaar van jou om my weer in te trek in die sirkel. Ek leer so baie van omgee by jou! Jy sal nooit weet hoeveel ek bogenoemde skryfstuk waardeer nie!
LikeLiked by 2 people
Ek is dankbaar, jy is spesiale blogvriendin. Ek is seker ons gaan gou-gou almal by jou weer saamgesels.
LikeLike
Ek is net so dankbaar. Dit gaan heerlik wees om saam te skryf. Die poësieskryf kan maar baie alleen raak.
LikeLiked by 1 person
Dit raak alleen, maar moenie ophou nie.
LikeLike
Baie dankie vir die aanmoediging! ❤
LikeLiked by 1 person
Ek het by San gaan inloer, dankie Christa.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Una, ek geniet haar skryfwerk.
LikeLike