Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

Telegram kan nie my enigste toep wees nie

Ek is besig om Telegram vir leerdoeleindes te toets en ek moet sê dat ek beïndruk is met die funksies wat beskikbaar is. Ek kan net dink hoe dit gebruik kan word om my lewe baie, baie makliker te maak. Ek is besig om ‘n artikel daaroor te skryf.

Maar daar rooi ligte. Daarom sal ek dit nie vir persoonlike gesprekke met my gesin en naastes gebruik nie. Dieselfde rede waarom ek nie WeChat gebruik nie. Want sien, ek stel my gesin en familie se lewens en veiligheid bo gerief. Daarom kon ek WhatsApp wat jare lank my gunstelingtoep was, met die druk van ‘n paar knoppies los.

So hoe veilig is ek as ek Telegram gebruik?

Toets dit gou saam met my.

  1. Gaan na jou settings op jou foon, blaai af na location (ligging) en kies while using the app. Mens het die funksie nodig as jy, soos ek, jou location vir jou kinders stuur terwyl jy op die lang pad is. en dit wil ek nie die hele tyd aan en af skakel nie.
  2. Gaan terug na Telegram en maak oop
  3. Kliek op contacts
  4. Kies Find People Nearby
  5. As jy die settings nie verander het nie, gaan jy ‘n rigtingpyltjie sien wat golwe uitstraal en vra dat jy dit in die settings aanskakel, skakel dan aan
  6. As jy het, kry jy ‘n lys van ander mense wat Telegram gebruik en presies hoe ver hulle van jou is. Met die naam wat hulle vir hulself gekies het. Of dit nou regte naam is of nie.
  7. Jy kan nou met mense naby jou kontak maak.

Hoe veilig voel jy?

Miskien kry jy nie dieselfde skok as ek nie?

‘n Hele lys van mense met hulle name oen foto’s gaan oop, die naaste een is 350 m van my af. Ek gaan nie sy volle naam gee nie, want dit kan in Telegram opgesoek word. Dus gee ek net ‘n deel daarvan.

Psycho.

Kom ons sê Piet Pyscho, met ‘n foto wat my nie laat twyfel oor die psycho deel van sy naam nie. Een massiewe man. Volgens Telegram was hy 350 m van my af. Baie naby as jy in jou huis is.

Scenarios speel in my kop af:

As hy op daardie oomblik ook gekyk het, was my naam op sy skerm, foto en al, ook hoe ver ek van hom af is. Hoe veilig is ek?

As ek in die straat gestap het, kon hy my voorkeer met ‘n hallo Christa. Wie sal dan nie stop en hoor wat fout is nie? Hoe veilig is dit vir kinders en vrouens?

As kinders Telegram gebruik en ouers verwag dat die ligging-fuksie aan moet wees dat hulle ‘n PIN kan stuur om te wys waar hulle is, weet almal wat Find People Nearby gebruik ook waar hulle is – kan selfs nader wees as die ouer.

Dit is goed om oor bekommerd te wees. Ek kan nie my ligging aanskakel nie, want dan kan ek in gevaarlike situasies beland.

Maar, Telegram het baie oulike funksies, ek sal nog daaroor skryf. Ek sal dit waarskynlik as tweede toep gebruik, met die ALTYD op NEVER gestel.

***

Vir persoonlike gebruik gaan Telegram nie gebruik word nie.

Ek moet my ligging deel, soms vir ure lank terwyl ek op die pad is. Hoe veilig is ek waar ek stop? As boewe loer op Telegram loer en sien wie ek is? As ek vergeet om ligging weer af te skakel, kan enige iemand my kontak. Omdat hulle naby my is. Fisies!

Vir my is sekuriteit en veiligheid belangriker as ‘n toepassing.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

17 gedagtes oor “Telegram kan nie my enigste toep wees nie

  1. Nee! So telegram gee sommer joy location en naam foto en tel vir mense wat nie deel van jou kontaklys is nie? Dan is hulle mos op die stadium erger as what’s up? Kan jy asb vir ons ook so n oulike stuk skryf oor dignsl en hoe dit werk?
    Ek wil ook weet hoe gemaak as mense nou by verskillende goed is. Bv ek is by signal, jy by telegram en sannie by whatsup. Nou k ons mos ni meer vir mekaar prentjies en boodskappe stuur ni? Tensy hulle sms baie upgrade!

    Liked by 3 people

      1. Ai Seegogga, natuurlik het ek geen idee hoe mens die probleem gaan oplos nie. WhatsApp gaan nie veel gebruikers verloor nie, die meeste mense kies gerief bo veiligheid. Ek weier om ‘n toep te gebruik wat my boelie om inligting te deel wat ek nie weet wat Facebook daarmee wil maak nie. Ek sien Facebook gaan op sy baadjie kan kry – daar is sprake dat Facebook gedwing kan word om weer in WhatsApp, Instagram en Facebook op te deel. Selfs dan sou ek WhatsApp nie meer vertrou nie, die bestuur kan mose dieselfde bly? Signal word ondersteun deur een van die ontwikkelaars van WhatsApp, die man het oor Facebook se planne uit Facebook se bestuur gestap.

        Like

    1. Ek sal so maak, Seegogga. Op hierdie stadium is Signal vir my die beste een. En ek verstaan die probleem. Ondervind dit in jy eie gesin. Ek gaan WhatsApp nie toelaat om my te boelie nie, ek is ‘n juffrou wat op skool daarvoor bekend was dat ek boelies uitgehaal en aan die pen laat ry het. Vir my is daar niks so lelik soos ‘n boelie nie. En ek het my nog nooit laat vermaak nie. ‘n Ryk baas van kammawêreld gaan dit ook nie regkry nie. Ek het die beste van die saak gemaak, my vriende en familie en mense wat my ken laat weet dat ek WhatsApp los. En hoe hulle my steeds in die hande kan kry. Meer as dit kan ek nie doen nie. Natuurlik mis ek ons groepgesprekke, ek sal egter teen my menswees werk as ek WhatsApp steeds gebruik.

      Like

    2. Presies net so. Hulle het nie eens jou telefoonnommer nodig nie. Kliek net op jou foto en gesels met jou. En jy gaan dink dat jy hulle ken … hulle noem jou op die naam. Dit is dalk veilig met die ligging afgeskakel, ek is egter nou lugtig.

      Like

  2. Telegram vra te veel info wanneer jy registreer. So asof hulle nie kan sien wat jou nommer is nie. (Hulle kan.) Ek sien hulle registrasieproses as phishing.

    Dit werk heerlik op my laptop selfs as my foon af is, anders as WhatsApp waarvan die naelstring nie geknip is nie.

    My Galaxy S7 is dood en daarom het ek net Telegram op my Thinkpad gebruik.

    Liked by 2 people

    1. Toe ek Signal se toep (Magdaleen Kruger van RSG het in Taaldinge laat verstaan dat ‘app’ nou erken word) op die baie veilige Linux wou installeer, toe weier Linux dit oor sekerheidsrede en het drie lyne bronkode uitgelig as riskant. Vertrou geeneen.

      Liked by 1 person

    1. Ja, hulle het my naam en telefoonnommer op hulle fone. Wat impliseer dat WhatsApp en Facebook my inligting deur hulle toestemmimg kan kry. Skakel toegang tot die kontakte in WhatsApp af, dan sien jy dat hy jou dwing om dit weer aan te sit. Anders kan jy nie skryf nie. Dit is my probleem. En daarom kan ek dit nie meer op my foon hou nie. As hulle toestemmimg gee dat my inligting met Facebook gedeel word, kan ek steeds die persoon dagvaar wat dit by Facebook kry en misbruik. Want ek het nie toestemmimg gegee nie. En dit is een loophole waaraan Facebook. ie dink nie.

      Like

  3. Ek het weer gaan kyk Telegram X het nie die ligging opsie nie, dus is daar ook nie people near me nie. Jy kan wel jou ligging aan mense stuur.

    Dit wil voorkom asof die Telegram X weergawe veiliger is as die Telegram weergawe. Die X weergawe is ook kleiner in MB.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.