Mark Zuckerberg het WhatsApp vir ‘n aardige bedrag gekoop, ek lees vandag dat dit hom $55 dollar per gebruiker gekos het. In 2016. Sedertdien probeer hy om mense se WhatsApp inligting te bekom. Uiteindelik het Brian Acton, die een ontwikkelaar van WhatsApp uit sy posisie by Gacebook bedank. Het selfs $50 miljoen in die ontwikkeling van Signal gestoot. Omdat hy weet wat Facebook met persoonlike inligting wil doen?
En toe kom Facebook so pas met ‘n nuwe ultimatum: voor 8 Februarie moet alle WhatsApp gebruikers toestemmingverleen dat hulle data met Facebook gedeel word. Of hulle moet trap …
Die sperdatum is uitgeskuif na Mei, die ultimatum staan. En mense dink dit is ok, Google weet alles van hulle af, Facebook kan maar ook.
Maar kom ons kom eers by een belangrike punt. Die storie wat te vertelle is, is dat jou inligting op WhatsApp se bedieners ge-kodeer is, niemand kan dit lees nie.
***
Toets sommer saam met my en dan verduidelik ek verder:
As jy aan ‘n groep behoort, volg vir groep (anders kan jy vir enkele persoon kies.
- Kliek op die naam van jou kontak of groep.
- Blaai af na die blou Export Chat.
- En kies sommer Without Media om die lêer klein te maak om data te bespaar.
- kies enige manier, sms, e-pos ens
- stuur aan, ek het per e-pos gestuur
- Maak die zip lêer oop.
Wat sien jy?
1. Die data wat jy so pas afgelaai het, kan met die klik van ‘n knoppie na enige iemand gestuur word.
2. Die lêer bevat al die gesprekke sedert die begin van die groep. Woord vir woord. En jy dog dit kan nie gelees word nie?
3. die volgende is besklikbaar:
- Dag, datum, tyd waarop die groep geskep is, waarop jy met die persoon begin gesels het,
- wanneer wie bygevoeg is,
- wanneer wie geloop het.
- Waaroor julle gesels …
- jou naam by alles wat jy getik het
4. En dit is hierdie data waarop Facebook beslag wil lê. Maar hy kan nie, dus vra hy jou toestemming. Of nee, pers jou af …
5. En elkeen wat aan die groep behoort, kan dit die wêreld instuur.
****
Waarom moet jy bekommerd wees?
Natuurlik lees Facenbook jou boodskappe. Hulle het masjiene wat deurgaan vir kernwoorde. En dit wat jy net-nou geGoogle het, is minute later ‘n advertensie op jou Facebook. En Google net so bietjie om gepubliseerde wetenskaplike artikels te kry. Facebook voel vere vir beskerming van persoonlike inligting …
Die inligting wat Facebook van WhatsApp kry, word met sy maatskappye en met derdepartye (lees sy adverteerders gedeel. Die wêreldoor. En so kan jy en jou inligting die prooi van hackers word. Ek het klaar gevoel, met net my e-pos tot Facebook se beskikking.
So wat samel WhatsApp oor jou in?
- Toestel ID
- Gebruiker ID
- Advertensie Data
- Aankoopgeskiedenis
- Breë ligging
- selfoonnommer
- e-posadres
- Kontakte (het jy toestemmimg om te deel?)
- Produk inligting
- Crash data
- Hoe die toep werk Data
- ander diagnostiese data
- Betaal Info
- Produk interaksie, waar, wanneer, met wie?
- Ander gebruikerstoegang
Ek het nie toestemmimg om my mense se inligting te deel nie, het jy?
Ek het dadelik padgegee omdat Facebook verlede jaar Augustus deur my Paypal-rekening waarvoor ek selfde e-pos as vir Facebook gebruik het, R4000 uit my rekening gesteel het. En erger nog, dit was gestel om die geld maandeliks te steel. Gelukkig kon ek dit deur PayPal terugkry, hulle laat nie bedrog toe nie. Maar my bank het net skouers opgetrek.
***
Waar laat vriende en familie jou wat nie jou persoonlike inligting met Facebook wil deel nie? Want – hulle deel jou kontakbesonderhede met Facebook sodra hulle WhatsApp toestemmimg gee om hulle inligting te vat.
Ek doen die volgende:
- Ruil my nommer om, gaan aanvoer dat my nommer uitgedeel is
- gebruik twee fone, een met kontakte wat op WhatsApp bly en een met nuwe nommer wat ek nie met mense deel wat my inligting goedsmoeds deel nie. Sie foon is eers skoongemaak en werk ook op ander Apple ID. En die nommer sal met hulle gedeel word.
Ek is nie Facebook se slaaf nie, hy sal gou verstaan dat ek ‘n keuse het. Die inligting wat hy oor my kry, gaan horingoud wees. En foutief.
En hy dog sy masjiene is slim …
Dit is wel bietjie moeite, maar dit is veel beter as om iewers agter te kom dat ek beroof is … Soos wat reeds met my gebeur het.
As jy Facebook Messenger en WhatsApp gebruik, lees gerus hier watter inligting Messenger alles oor jou insamel.
Jy het dit nou mooi verduidelik dat pleps soos ek ook kan verstaan. Ek leer dat signal meer sekuriteitbewus is. Maar toe ek hulle wil aflaai het hulle meer as n dag geneem om n kode te stuurvwat ek êrens moes intik. So dis nog nie gedoen nie- ek sal weer moet probeer
LikeLiked by 2 people
Ek verstaan dat Signal die veiligste is. Eloen Musk is daarby betrokke en weens die aard van sy besigheid is veiligheid en sekuriteit nommer een. Hulle het ook borge, dus het hulle geen adverteerders nodig nie. Dankie, ek waardeer die opmerking baie.
LikeLiked by 1 person
Seegogga, ek lees so pas dat soveel mense skielik na Signal oorgeskakel het dat die bedieners sukkel om die kodes vinnig uit te stuur. Hulle sal die probleem gou oplos, ek het gister vinnig die pin gekry.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou intensiewe navorsing.
LikeLiked by 2 people
Letty-Anne, ek speel nog net daarmee, sal later intensief ingaan. Wat wel belangrik is, is dat ek my persoonlike inligting as privaat beskou. En dat ek dit beslis nie met Facebook gaan deel nie.
LikeLiked by 1 person
Baie interessante inligting. Dankie vir die deel. Sal graag verder wil hoor wat jy uitvind.
LikeLiked by 2 people
Ag dankie, Scrapy, mens leer mos maar so mettertyd. Ek moet dit nou net gouer doen, want ek het WhatsApp sommer nou verlaat. Voordat hulle alles oor my in elk geval vat.
LikeLiked by 1 person
Dis maar n gemors hierdie inhoud steelery. Dis regtig steel.
LikeLiked by 2 people
Beslis
LikeLiked by 1 person