Gepubliseer in Reisjoernaal

Kersdag in Welgevonden op Rebusfontein

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/18c42a9034594a66af50994043145ea6

Nadat Rebusfontein byna deur die virus verwoes is, het dit amper in die niet verdwyn. Toe word dit weer opgebou.

Omdat huisie nommer 17 Towerinstraat aan my toegeken is, het ek dit net minimalisties versier. Vir die kere wat ek Kazakhstan kon verlaat om in my gedagtes in sonnige Suid-Afrika saam met my towerinvriendinne te kuier.

Die naam towerin het aanvanklik nie gepla nie, al moes my taaljuffrou dit dadelik as ‘n spelfout erken. Towenares, nie towerin nie. Die woord is blykbaar gemaak om te verwys na vrouens wat met woorde kan tower. Nadat die virus in Julie 2020 besluit het om Rebus te probeer verwoes, het ons gesukkel om weer die drade op te tel.

Om weer in Rebus te gaan afpak om van die werklikheid te ontsnap.

In die regte lewe het die virus my gekeer om huis toe te kom. Daar te wees vir my vierde kleinseun (en eerste aan seun se kant) se geboorte. En ek het werklik nie geweet of ek kersdag saam met my gesin sou kon deurbring nie.

Rebus was ‘n ander saak. Daarheen kon ek myself in sekondes verplaas. Ongelukkig het die virus se aanslag op Rebus veroorsaak dat ‘n paar vrouens die plek vir goed verlaat het.

Una en Toortsie het hard probeer om die vrede te herstel, maar ek het gesukkel om weer na die wonderwêreld van Rebus gelok te word. Ekke is in elk geval nie goed met woorde nie.

Toe sloop ek die huisie wat vir my gegee is, skuif hom agtertoe toe die straat besluit reguit is nie meer lekker nie en die huisies hulself in ‘n soort van sirkel geposisioneer het. En ontwerp ek vir my ‘n huis in die vorm van ‘n Kazakhtent, wat as ‘n yurt bekend staan. My eie huisie in Rebusfontein (lees gerus hier).

Ons het ook ‘n naamsverandering ondergaan – die Goue Vroue. Omdat ons tydens die besoek aan Wonderland goud in elkeen van ons ontdek het.

Goud is in die mond van die oggendstond. Soos vandag, kersoggend 2020, toe ek in Rebusfontein wakker geword het om die kerstafel te dek.

En dit is in hierdie huisie wat ek uiteindelik vanoggend wakker geword het.

Uiteindelik, om verskeie redes wat al tot vervelens toe bespreek is.

Ek het eers na twee gisteraand gaan slaap nadat ek my yurt skoongemaak het. Snaaks hoe skoon dit gebly het, seker die tentagtige struktuur se skuld. Ek het eerder reggepak en my klere in die kas gesit.

Die kos het in die yskas beland.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

74 gedagtes oor “Kersdag in Welgevonden op Rebusfontein

    1. Hierts! Hier is ek ook! Jy moenie so stil-stil inkom nie, Christa. 😁 Maar toe ek hoor hier is ‘n partie toe us ek dadelik by! En ek get my spasiale tert saamgebring. Wat alles hierin is, is natuurlik ‘n staatsgeheim, maar wees verseker hy maak en smaak lekker.

      Liked by 2 people

          1. Hoe gaan ek almal by die post kry? Hy is 25 Desember 2020 geplaas, geen idee waarom hy vandag opduik nie. Of liewer, waarom julle hom vandag sien nie. Ek sien dit nie in my reader nie – net die lekker kommentaar van vriendinne.

            Liked by 1 person

          2. Jy jan, maar op die leser bly dit so. Dit kom my ook oor. As ek ‘n draft geskryf het en ek publiseer dan verskyn dit op tyd van skrywe tensy jy die datum verander voor publikasie. Jy kan natuurlik ‘n nuwe post skryf waarin jy na hierdie vereys en die Goue Vroue nooi vir ‘n winterskersfees by jou in Rebusfontein?

            Liked by 1 person

  1. Christa, Una moes inderhaas baie ver van Rebusfontein af gaan, maar sy het my gevra om solank haar groetnis en verwelkoming oor te dra. Sysal kom sidra sy kan. Sy is baie bly jy is weer by jou huisie

    Liked by 1 person

      1. Iemand, ek dink Woordnoot het geval en toe kan toortsie nie red nie en almal in die water ens. Dis te ingewikkeld om te onthou wie waar was, maar daar was n storm en n vloed….

        Liked by 1 person

        1. Liefste Seegogga, ek is ‘n taaljuffrou, dus is spelling vir my baie, baie belangrik. Maar, ek is ook die eienaar van ‘n groep van 19 000 onderwysers op facebook, waar ek gereeld moet raas: Lees oor spelling, kyk na die vraag wat gevra word. Want hulle is besonder lelik en venynig met mense wat swak spel. En dan vra ek die vraag: Is dit swak gespel? Of het die foon slim gespeel en woorde vervang soos sy lus is. En dan was hulle darem baie leik met mense oor iets wat niks met die vraag te doen het nie.

          Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.