So: Ek het Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen gehaat?

Soms sê mense vreemde dinge, maar hierdie ene vat die koek. ‘n Suid-Afrikaanse man in Almaty het sowaar te vertelle dat ek Kazakhstan en Ust’-Kamenogorsk gehaat het. En sowaar gedink dat sy kluitjies nie my ore gaan bereik nie. Ek gaan nie die details gee nie, dit is vervelig.

Almal weet ek hou van Kazakhstan, ek het dit oor en oor in my blogs geskryf. My hashtags vir Instagram is liefkazakhstan, liefqazaqstan, liefoskemen. Ek het bykans elke dag in Kazakhstan iets oor die land, die stede waar ons woon, sy mense en ons lewe daar vertel.

Ek wonder of my lesers uit my skrywes dink dat ek die plek gehaat het. Dus vra ekke:

Het ek Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen gehaat?

Het ek Kazakhstan ala Qazaqstan gehaat?

Hooffoto: Ust uit die lug. Hierdie foto: Sneeustorm in Ust, Januarie 2020 as ek reg onthou.

Nie dat ek my daaraan steur nie, maar ek weet sy omges lees my artikels. Daarom vra ek: Gesels gerus saam. Ek is so nuuskierig om te hoor

17 gedagtes oor “So: Ek het Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen gehaat?

  1. Goeie more Dr Christa
    Ek dink glad nie so nie. Inteendeel die hele besoek, met al sy ervaringe was eerder ‘n lewensreis wat gekoester kan word. Daar was oomblikke wat “onlekker” was. Jy het die hele ervaring positief hanteer. Dit se weer baie van die mens wat jy is. Ek lag ook lekker in my mou aangesien dit weereens bewys hoe mens die lewe hanteer. Welkom terug in Suid-Afrika. As ‘n oumie verstaan ek die gemis na die kleinkinders volkome. Hou asseblief aan met die lekker skryf. Ek geniet elkeen terdee. Tonne opregte Suid-Afrikaanse omgee drukkies.

    Liked by 1 person

    1. Haai, Anne, baie dankie hiervoor. Ja, daar was oomblikke wat nie lekker was nie. Ek dink nou sommer aan die polisie wat nie ons geel nommerplaat wou uitlos nie, die dag toe ek lf was om uit te gaan as dit -38 is en ligte vriesbrand in my vingerpunte opgedoen het, die onsteltenis oor ‘n vriendskap (daar is meer …). Maar ek het net mooi herinneringe aan Ust.

      Like

  2. Nee wat, haat was dit beslis nie net met tye moeilik aanvaarbaar omdat dit omstandighede was waaraan jul nie gewoond was nie. Tog het jul alles hanteer soos dit vir jul die gemaklikste was. OP die einde was daar baie positiewe stories om oor te skryf wat baie interessant en insiggewend is.

    Liked by 1 person

        1. Dit was, Scrapy, dit was. Ons het dit positief gemaak omdat ons moes om te kan oorleef in ‘n stad waar niemand ons verstaan nie. Maar o wee, dit is absoluut heerlik om verstaan te word. Dit besef mens eers hier as jy -raat en mense verstaan jou.

          Like

  3. Die indruk wat ek gekry het, is dat jy dit alles baie interessant gevind het. Jy het die nuut en die anders baie geniet en wonderlik daarby aangepas. Ek haal my hoed vir jou af. Dit kon nie altyd lekker gewees het nie. Veral die grendeltyd en die verlange daarmee saam . 💙

    Liked by 1 person

    1. Ek stem so saam met jou en jy som baie mooi op. Ek moet net aanvaar dat daar mense is wat die leuen bo die waarheid verkies. En dit is regtig baie sleg. Veral omdat ek nou hier op my eie bodem eers besef hoe verskriklik ek my hart onderdruk het om wel daar aan te pas, te oorleef en my man te ondersteun. Ek het die gedoen, ek Kazakhstan beslis geniet. En sommer baie. Die grendeltyd was sleg, maar dit is hier ook sleg. Ek kan nie eens my kinders gaan sien voordat ek twee weke in die land is en nie siek geword het nie. Ek vind dit net erg om op my agterbene te staan omdat ‘n man lieg. Maar nou ja, dit is ook waar dat die duiwel hom in vele gedaahtes voordoen. Die een van ‘n Christen ook.

      Like

  4. Moet ook nie daardie duiwel ‘n vatkans op jou lewe gee nie. Die man het jou sommer onnodig ontstel. Ek kan ook se dat jy net altyd positiewe dinge gese het en ek het die idee gekry dat jy als geniet het. Bly julle het veilig geland en geniet die mooi van die land! xx

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie, Nikita. Dit is waar, ek gee die duiwel vatkans. Dit voel soos jare gelede, iets uit ‘n ander leeftyd. En baie dankie, dit is eintlik al wat ek wou weet. Of ek ‘n boodskap oorgedra het dat ek die land en die stad gehaat het. Want ek is bewus daarvan dat my artikels wel in sy omtes gelees word.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.