Ek het al vertel dat die beesvleis hier baie taai kan wees. Ook dat die HR bestuurderes my geneem het om te sien hoe mens vleis op die mark koop. En toe ek vra hoe mens die twee snitte gaarmaak, het sy my verras aangekyk en geantwoord: Jy kook dit vir ses ure.
Ek het die snitte egter so bekyk en so bevoel en ek kon sagte vleis uit my ronde snitte sny. As my Victiknox messie daardeur gaan, is dit dag genoeg vir sosaties. Indien nie, word dit wors of maalvleis dat dit sag gemaal word.
Maar, mens is soms lus vir ‘n stuk kookvleis. En ek sien nie kans om ‘n pot die hele tyd dop te hou dat dit nie aanbrand nie. En toe ontdek ek iets wonderliks op die rakke. Die Maggi pakkies met die speserye vir spesifieke kos.
Want sien, mens kan ook nie die speserye koop soos wat ons in SA ken nie. Dit is anders. Maggi meng die bestanddele egter perfek, om elke keer ‘n heerlike gereg te maak. Soos ek in SA ken.
Ek het die sakkies in SA gekoop, maar die plastiese sakkie daarbinne waarin die vleis gesit moet word, nooit vertrou nie. Dus het ek die speserye gebruik, maar nie die sakkies nie.
Ek het al vertel hoe ek toe nou die dag met die vertaalltoep gewerk het om te verstaan hoe om die sakkies te gebruik. En daarna maak ek elke gereg wat kooktyd nodig het in die sakkies.
Ek was verras dat baie van my vriendinne nie die sakkies ken of gebruik nie, net soos ek het hulle begin kok kook voordat die sakkies op die mark gekom het. Hier kan ek die sakkies selfs op ‘n rol koop en sny om die grootte van my stuk vleis te pas.
En, eie aan my persoonlikheid, speel ek met die sakkies, ek volg nie instruksies tot op die laaste letter nie. As die kreatwiewe kant eers inspring, verander ek aan resepte soos dit my pas.
So maak ek:
Stel oond op 180 grade Celsius en laat dit warm word terwyl jy die vleisgereg voorberei.
Sny die Maggi sakkie oop en maak die sakkie wat agter die geel blokkie is, oop. Die vleis word in hierdie sakkie gestoom.
Gooi die speserye wat in die onderste deel van die Maggi sakkie is in die sakkie waarin die vleis gaargemaak sal word.
Haal die vleis uit die vrieskas en sit dit ook in die sakkie, net so bevrore, dit hoef nie ontvries te word nie.
Skil aartappels, wortels, beet en uie en sny in groterige skywe of blokke en sit dit ook in die sakkie by die vleis en spesreye.
Voeg bevrore groente by indien verkies.
Geen vloeistowwe word bygevoeg nie, die vleis word in sy eie sous gaar in die sakkie.
Knoop die sakkie bo toe (hulle gee ‘n plastiese strokie om toe te maak, ek verkies die knoop.
Ek steek ook nie gaatjies in die plastiese sakkie met die vleis in nie, dit hou die stoom binne en dan kan ek die sakkie in die oond omdraai as ek wil.
Sit die sakkie met vleis en groente in ‘n oondbak in die oond en laat dit so staan en gaar word vir ongeveer 5-6 ure. Afhangende van die dikte van die vleis wat jy gebruik het.
My voorbeeld hier is hoender wat met die kerriehoender speserye gemaak. is.

Haal uit die oond, sny versigtig oop om nie te brand nie, keer die inhoud van die sakkie in ‘n opdienbak in en bedien met rys. soos jy kan sien, is daar genoeg sous in die bak vir die rys, sonder dat ek sous moes maak.
Geniet!
Ek het al die volgende probeer:
- Die ribsakkie, met twee dik skywe beesrib. Dit was verby lekker, die vleis was heerlik sag en manlief is juis so lief en fitterig oor kookvleis. Nou doen ek dit sonder moeite.
- Kerriehoender, dit was heerlik. Beide met hoenderstukke en met hoender fillets soos in die foto hier bo.
- Groente, en dit het my juis op die idee gebring om die groente sommer saam met die vleis gaar te maak. Die groente behou hulle smaak.
As jy dit ook gebruik en nog voorstelle kan maak, doen gerus. Anders sal ek graag wil hoor as jy dit ook probeer het.
Geen ‘stadige koker’ nodig nie, net ‘n plastiese sakkie en die oond. Om heerlike, sagte kookvleis op te dis.
Ek wonder of n mens dit is SA ook kry? Ek sal moet gaan soek. Ek doen batuurlik dueselfse( vleis en groente in 1 bak) in oond. Met kasserol se deksel op gooi ek ook geen water by nie. Lekker!
LikeLiked by 2 people
Die lekker hiervan is dat ek geen vuil bakke het van goed wat in die oond vasgebak het nie. Gooi dit in mooi bak uit en was maklik skoon. Ek is erg daaroor.
LikeLiked by 1 person
Ek glo so. Vroeer jare het pns mos ook baksakkies gebruik. Ek het dit al heeltemal vergeet. Sal moet gaan soek
LikeLiked by 2 people
Baksakkies, wil nou so al verbeel dat ek so iets kan onthou. Die lekker is dat die speserye by die gereg pas, ons kan mos nie hier koop soos in SA nie.
LikeLiked by 1 person
Ek wil dit beslis probeer. Kan ons ook die ou baksakkies probeer en dalk ons eie geurmiddels insit? Ek sal knoffel en Steak and Chops speserye probeer. My kinders hou weer daarvan om Balsamic by beesvleis te gooi. Watter beessnitte beveel jy aan Christa?
LikeLiked by 2 people
Gedigte, as ek in Suid-Afrika is, gaan ek beslis my eie speserye probeer. Hier is dit onmoontlik, ek kry nie speserye vir my goed nie. Ek is nie seker hoe baksakkies lyk nie, Seegogga het ook van baksakkies gepraat. Maar ek kan raai dat dit gebruik kan word as dit baksakkies is. Ek het nooit daarmee gespeel nie, dus ken ek dit ongelukkig nie.
Enige vleis. Ek het hoenderstukkies met vel probeer, hoenderfillets en beesrib, dit was seker so 5 cm dik en dit het perfek sag gekook. Ek sal vark- en skaaprib wil probeer. Dit is so lekker om die groot stukke groente so saam gaar te maak. Ek het baie bederf geraak.
LikeLiked by 1 person
Jy het ons almal gehelp om bietjie iets nuut te probeer. Baie dankie! 👏👏👏
LikeLiked by 2 people
Maggies dit klink nou sommer baie smaakvol…met die heerlike kosreuk wat die lug van die vertrek volmaak as die oond se vensterdeur oopgemaak word. Dankie dat jy die resep deel… ek gaan hom eendag probeer. Groete.
LikeLiked by 2 people
Ek wil solank weet of dit in SA beskikbaar is. Ek kan amper nie glo dat dit nie is nie, Kazakhstan is ver agter met alles. Kan tog nie nie die pakkies daar kry nie?
LikeLiked by 1 person
Ek gaan bietjie uitkyk…
LikeLiked by 2 people
Ek kan al die geure ruik. Ek het vir jare slegs met gemenge kruid gekook omdat my kind allergies was vir msg. Dis n heerlike geur.
LikeLiked by 2 people
Ek hou ook van kruid, maar hier is niks wat ek ken nie. By die huis gaan ek beslis kruifd gebruik.
LikeLiked by 1 person