Gepubliseer in Kursus

Mendeley kursus / Mendeley course

Hierdie artikel vorm deel van ‘n reeks oor akdemiese skryfwerk. This article forms part of a series on academic writing.


AFRIKAANS

Een van die frustrerendste probleme wat met akademiese skryfwerk verband hou, is verwysings. Studente kan baie punte verloor as hulle verwysingstegnieke verkeerd is, Selfs druip.

Daar is ‘n wye verskeidenheid verwysingstyle beskikbaar. Elke universiteit, akademiese vaktydskrif en drukker van boeke verkies ‘n spesifieke styl, wat impliseer dat skrywers meer as een styl moet ken.

Dit is egter nie die enigste probleem waarmee akademiese skrywers worstel nie. Jy kan ook die besonderhede van ‘n bron verloor as jy vergeet om die besonderhede te berg. En dit is vir my die hoofrede waarom dit noodsaaklik is om te leer om tegnologie te gebruik wat jou verwysings vir jou doen.

As verwysings vir jou ‘n nagmerrie is, het ek vir jou goeie nuus. Daar is verskeie tegnologie beskikbaar wat die taak vir jou kan doen – en jou bronne berg en onthou. Ek het al verskeie getoets, hou die meeste van Mendeley en daarom het ek ‘n kursus geskryf om jou te leer om hom te gebruik.

Ek weet jy het nie baie tyd om ‘n kursus te doen nie. En ek verpes dit om lang videos te kyk en later met die stop en speel funksie te sukkel om by ‘n spesifieke plek uit te kom. Daarom bestaan die kursus uit ongeveer 30 videos wat elkeen tussen 1 tot 3 minute lank is en net op ‘n spesifieke funksie van Mendeley fokus.

Die kursus is op ‘n internasionale platform en kry baie goeie gradering van die studente, ‘n gemiddeld van 4.6 uit 5. Dit is lekker om te sien dat soveel studente die moeite gedoen het om die kursus te gradeer.

Kliek op die onderstaande prent om na die kursus geneem te word. Gebruik asseblief die spesifieke skakel, ek bied gereeld afslag op die kursus aan, maar dit bied ook vir Udemy die geleentheid om te sien dat ek my kursus wel bemark.

Die prys is in dollars, maar jy kan met jou krediet- of debietkaart betaal. Jy kan ook met PayPal betaal.

Aan die einde van die kursus kry jy ‘n sertifikaat, waarop staan dat jy die kursus voltooi het. Jy kan die sertifikaat gebruik as bewys van jou deurlopende professionele ontwikkeling as jou werk van jou vereis om kursusse te voltooi.

Daarna bied Udemy lewenslange toegang tot die kursus, jy kan enige tyd teruggaan om ‘n tegniek te hersien.

Ek sal die kursus ook iewers in die jaar aanpas.

As jy enige ander vrae het, kontak my asseblief by dr.cj.vanstaden@gmail.com.

ENGLISH

One of the most frustrating things about academic writing is referencing. Students can loose a lot of marks, and even fail when they do not use the correct referencing techniques. Especially on post degree level.

There are a wide variety of styles available. And every university, academic journal, and publisher requires a specific style. This implicates that authors need to know a variety of styles when they want to publish.

This is, however, not the only reason why academic authors can experience problems. You can also loose an article, and then you waste a lot of time to get all information to refer to the article. That is the main reason why you need to learn to use technologies to do the referencing on your behalf.

If referencing is a nightmare, then I have good news for you. There are many technologies available that can be used to do the referencing on your behalf. I have tested many of these technologies, and I prefer Mendeley. Therefore, I wrote a course to teach others to use this tool effectively.

I do know that you do not have a lot of time to complete a course. And I hate it to fast forward and rewind a video later to find a specific section of it to watch a specific section again. Therefore, the course consists of 30+ short videos of 1-3 minutes each, focusing on a specific function if Mendeley.

The course is available on an international platform, and it gets good reviews from students who took time to grade the course. At the moment, the average rating is 4,6 out of 5, which suggests they found value.

Click on the image below to go enrol for the course. Please use this link, I often offer discounts, and then you benefit from it. I also need to indicate to Udemy that I do send students to the course as well, as they also promote the course.

The price is in dollars, but you can pay with your credit card, debit card, or you can also pay with PayPal.

At the end of the course, you can download a certificate, indicating that you have completed the course. You can use this certificate as proof of your continuing professional development if your work requires it.

Afterwards, Udemy offer lifelong access to the course, which means that you can return to revise a technique.

If I improve the course, the platform will let you know.

If you have questions, please send an email to dr.cj.vanstaden@gmail.com


My Udemy kursus / course

Kliek op bostaande prent om na die kursus geneem te word.

Click on image above to be taken to the course.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Mendeley kursus / Mendeley course

  1. Sjoe jy het regrig baie ondernemingsgees. Dit lyk na n wonderlike kurses vir mense wat navorsing doen of verhandelings skryf. Verwysings was nog altyd n nagmerrie, veral omdat daar nie ‘n uniforme metode is wat deur alle universiteite gevolg word nie

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.