Hierdie artikels handel spesifiek oor akademiese skryfwerk.
In hierdie een gesels ek oor die gebruik van bladsynommers in die teks as jy na ‘n bron verwys. / These articles are specifically about academic writing. In this specific one, I focus on the use of page numbers in the text when you refer to a source.
AFRIKAANS
Dit blyk dat studente, wanneer hulle in teks na ‘n bron verwys, nie verstaan wanneer om bladsynommers te gebruik en wanneer nie. Jy gebruik slegs bladsynommers as jy direk aanhaal.
Let op die volgende voorbeelde
ENGELS
It seems if students do not understand when to add page numbers when they refer to a reference in the text. You add the page number only when you quote directly from a resource.
Look at the following examples
Geen aanhaling / No direct quote
- Volgens van Staden (2020) gebruik students in afstandonderwys WhatsApp om verhoudings het hulle klasmaats te bou.
- Positiewe interafhanklikheid ontwikkel volgens Van Staden (2020) oor die grense van groepe.
Nota: Geen bladsynommers tussen die hakies nie.
- Volgens van Staden (2020) gebruik students in afstandonderwys WhatsApp om verhoudings het hulle klasmaats te bou.
- Positiewe interafhanklikheid ontwikkel volgens Van Staden (2020) oor die grense van groepe.
Note: No page numbers between the brackets
Direkte aanhaling / Direct quote
- Volgens Van Staden (2019, p. 586): “It was also found that the advanced components were created as the teachers actively participated in discussions.”
- “It was also found that the advanced components were created as the teachers actively participated in discussions” (Van Staden, 2019, p. 586).
Nota: Bladsynommers tussen die hakies.
- Volgens Van Staden (2019, p. 586): “It was also found that the advanced components were created as the teachers actively participated in discussions.”
- “It was also found that the advanced components were created as the teachers actively participated in discussions” (Van Staden, 2019, p. 586).
Note: Page numbers between the brackets.
Bronnelys / References
Van Staden, C.J. 2020. Die gebruik van sosiogramme om die impak van kooperatiewe basisgroepe op die ontwikkeling van positiewe interafhanklikheid in klasverband te ondersoek. LitNet Akademies, 17(2): 673-699.
Van Staden, C.J. 2019. ’n Ondersoek na die tegnologiese-pedagogiese-en-inhoudkennis (TPEIK) waartoe die Arend-toep toegang verleen. LitNet Akademies, 16(2):574-622.
Good morning.great post. students really struggle with this.🌻
LikeLiked by 2 people
Thank you, they do. I published before I really wanted to, still need to add some stuff.
LikeLiked by 1 person
Dankie,Christa.Ek leer nou iets!
LikeLiked by 2 people
Dankie, Letty-Ann, ek het nie gedink dit sou publiseer nie, ek was nog nie klaar nie. Ek moet gaan klaarmaak.
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa. Ek gaan dit dalk nodig kry as ek wel my NaNoWriMo skryf hierdie jaar.
LikeLiked by 2 people
In my eerste jaar bedryfsekonomie het ons ‘n uiteensetting gekry van hoe om dit te doen. Ek het dit altyd byderhand gehou vur al my take. Toe ek weer later beradingskursus en Bybelkunde gedoen het, het hulle weer riglyne gegee. Nou het ek dit al weer nie meer nie.
LikeLiked by 2 people
Dit verander soms, maar die basiese bly dieselfde. Ek help mense met hulle akademiese skryfwerk. Want baie kry geen hulp van hulle dosente nie. Herhaling maak my moeg, toe besluit ek om so te help. En minder te herhaal.
LikeLiked by 2 people
Absoluut die moeite werd. 😁
LikeLiked by 2 people
Daar was vir ons ‘n handleiding gegee met voorbeelde en behoed jou as jy nie jou verwysings reg gehad het nie – selfs die bronnelys. Ek het daardie dinge altyd so goed deurgegaan omdat hulle so streng was daaroor. Toe ek begin skoolhou het, het ek voltyds uit die biblioteek onderrig en ek het met sommige ouderdomsgroepe toe al, met sekere opdragte, op ‘n eenvoudige manier begin om hul aandag daarop te vestig om dit ‘reg’ te doen.
LikeLiked by 2 people
Dit is wionderlik om te hoor dat daar onderwysers is wat daaraan aandag gee. Ek help studente en ek kry hulle baie jammer, hulle dosente leer hulle nie. En om een of ander rede stres volwasse studente heeltemal te vinning.
LikeLiked by 1 person