Gepubliseer in Joernaal

Die VVVTT vat ons vir kuier op Rebusfontein

Scrapy vertel die week van haar woef wat nierstene het en ek vra hoe weet mens. Nog voor sy kan antwoord, bel seun met die nuus.

My BB moet Maandag vir ‘n operasie gaan. Sy het nierstene ontwikkel. En ek is regtig so dankbaar sy bly by seun en skoondogter, ek wonder of ek sou agtergekom het dat sy so baie piepie. My arme kindjie, sy moet seker vreeslik pyn verduur. Maar kla sal sy nooit nie kla nie. My prinsessie tussen al die manne op die erf.

Ek is deur ‘n virus vasgavang in Qazaqstan. En ek moes dringend by die huis kom. Dus het ek die noodsein uitgestuur, ek moet dringend by die huis uitkom. Iemand moes die V(Vlieënde)V(irus)V(lugtende)T(owerin)T(ent) stuur om my te kom haal.

Ek misbruik darem nie die geleentheid om die VVVTT te gebruik nie, want een van my towerinmaats het die week in Rebusfontein aangekom. En ek moet daar aangaan om met my towerinmaats te gesels.

Dus het ek vir Toortsie ‘n boodskap gestuur. Moenie oor afstof of vuil komkommer nie, stuur asseblief die VVVT, ek moet dringend huis toe gaan.

Toortsie het nie op haar laat wag nie, toe ek weer sien, hang die tent voor die venster van ons woonstel in Almaty. Wat opo die veertiende vloer van ‘n wolkekrabber is.

Ek het gou geloer, maar manlief was soos gewoonlik besig met sy foon, ek wou nie pla nie. Kan vanaand boodskap stuur, hy sal verstaan. Dalk selfs bly wees dat hy bietjie alleen kan wees. My BB is siek en ek moet daar wees om haar handjie, ek bedoel pootjie, vas te hou.

Dus wip ek sonder om te groet of te dink op die vensterbank en by die venster uit. In die tent in. Want ek dink liewe Toortsie weet nie dat ek doodbang vir hoogtes is nie.

En ek word verras. Om my staan die towerinne wat tyd kon maak om saam te kom. Letty-Ann, Appeltjie, Seegogga, Frannie, Una, Positief, Woordnoot en Sonell. Toortsie is agter die beheerpaneel, sy verander vinnig die buitekant van die tent dat dit soos ‘n wolk lyk. Ons wil nie in die moeilikheid kom nie, ons is heeltemal te veel vrouens by mekaar. En weg is ons. Terwyl die towerinne babbel oor die mooi land waarin ek bly.

Watse groot wiel is op die berg agter jou? wil Seegogga weet. Ja, beaam Una, daar is ‘n groen kenteken waarop Kok Tobe staan.

Kok Tobe is ‘n aantrekkingskrag met restaurante en mens kan allerhande snuisterye daar koop. Mens kan met ‘n bus teen ‘n kronkelpaadjie opgaan, met jou eie motor opry, of jy kan met die kabelkarretjies opgaan.

Snuisterye? wil Woordnoot weet. Soos Russiese poppies? Jy wil so graag een kry wat uit 5 poppies bestaan.

Ek grou in my sak en haal die twee poppies uit. Wel, Woordnoot, jy moet enetjie kies. En sy het geskiedenis hoor, sy is Vrydagaand bo-op die berg by Kok Tobe gekoop.

Ons is die middag op die berg, sal ander dag meer van die plek vertel. En ek wys so paar foto’s om hulle vir daardie bloginskrywing in die toekoms lus te maak.

Sonell, Una, Positief, Letty-Ann, Frannie en Appeltjie kyk egter nie na die foto’s nie. Hulle weet mos ek sal weet vertel. Hulle staan by die vensters en vergaap hulle aan die berg agter Almaty. Wat Qazaqstan van Krygystan en Sjina skei.

Toortsie vat die pad oor Dubai en Afrika, dat ons darem ook aarde. kan sien en nie net see nie. En toe ons weer sien, land ons op Rebusfontein.

Dit is nag en almal is na hulle huisies, Frannie na haar Toringhuisie wat so pas ‘n naam gekry het.

Ons moet slaap, want Seegogga het ons oorgenooi om daar te kuier. En dit gaan ‘n lang, uitgerekte kuier wees. Al die towerinne is mos nou so saam met my in die VVVTT. Ons gaan ‘n hond uit ‘n bos kuier. Want Frannie en ek het lekker ver gekom vir ‘n goeie kuier.

Dan gaan ek al die bestanddele saamvat om hulle te leer om tee te drink soos ons dit hier in Qazaqstan leer drink het. Ek het onthou om heel gemmer en lemoene en suurlemoene en verskeie pakkies tee saam te vat. Ek sien so uit om hulle te leer dat tee baie, baie lekker is.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

42 gedagtes oor “Die VVVTT vat ons vir kuier op Rebusfontein

  1. Baie interessante vertelling en mooi foto’s van Almaty, Christa. Ek hoop BB word gou gesond. Ons tefie, Tienkie het dieselfde probleem. Gelukkig hoef sy nie operasie te hê nie en is nou lewenslank op spesiale kos.

    Liked by 1 person

  2. Christa,ek sien dit sneeu op julle Allemintige berge.Hier óók! Ek sal graag Woordnoot se gesigsuitdrukking wil sien as sy die Russiese poppies uitskroef.Ek bring heuning vir die Rebustee!

    Liked by 1 person

  3. Mooi plek daar om jou. Ek het juis nou n sjinese vrou bevriend wat by kleuterskool werk. Sy is n tee drinker. Ek natuurlik ook. Myne is swart met n bietjie heuning in om die bitterheid te breek. Sy gooi kondensmelk in haar tee. Wat toe nou lekker is, is dat sy vir my ses sakkies spesiale Assam tee gegee het om te probeer. Dis n besonderse smaak wat die tee het. Dit word verbou in Indië, dit proe beslis “malty”. Assam tea is a black tea named after the region of its production, Assam, India. Assam tea is manufactured specifically from the plant Camellia sinensis var. assamica (Masters).[1][2] Assam tea is indigenous to Assam. https://en.wikipedia.org/wiki/Assam_tea

    Liked by 1 person

          1. Ons kry dit bv nie sommer hier nie. Miskien by Indiese winkel. Mmmm noudat ek daaraan dink daar het n Indiese winkel in begin van die jaar hier oopgemaak. Ek vermoed hy het seker toegemaak met die COVID storie. Ek gaan mos nog nie regtig winkels toe nie want ons is terug in fase 2.

            Liked by 1 person

          2. Ja ons is. Net groepies van tien saam en maskers op alle openbare transport. Klink darem op SA besig is om mense te laat uitgaan. Dis egter nie te sê dat daar kan inkom nie. Hier kan niemand nog inkom nie.

            Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.