Hoofstuk 7. Die maer koningin begin onthou …

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar.
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur. Om myne te verstaan, moet jy dalkies het eers die ander hoofstukke by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/18c42a9034594a66af50994043145ea6 gaan lees. Jy sal nie spyt wees nie …

***

Almal staan verras en kyk hoe Faye haar goue sand strooi. Christa was baie skepties, sy het nie gedink dat dit gaan help nie. Juffrouens het baie raad, maar dit het sy nog nie gesien nie. Gaan beslis vir onderwysers van Appeltjie se Faye se wondermiddel vertel wat kinders net vir ‘n oomblik stil kan laat staan. Dat mens hulle een een wakker kan maak om ‘n probleem op te los.

Die kleine pikkie mannetjie voor Appeltjie lyk alte komieklik in die posisie waarin hy tot stilstand geskok is. Die rooimiere se verstarde kwaai uitdrukkings ook.

Una kyk die tonele voor haar so skeef uit. Verbaas? Verras? Geskok? Toe lag sy. Uit haar maag uit. Sy voel hoe sy ligter word, hoe al haar sorge verdwyn terwyl sy lag. Haar goue hangertjie skud op en af soos sy lag.

Die towerinne staan in absolute verwondering en gaap haar aan. Dan kan hulle nie help nie, hoe hard hulle ookal probeer, kan hulle nie help om te lag nie. Almal lag. Behalwe Christa.

Toortsie staan effens voor Christa dat sy nie mooi kan sien wat almal doen nie. Beduie net met haar goue oë dat sy moet stil wees, so onopmerklik as moontlik. Sy wil haar nie in ‘n verleentheid stel nie. Ook nie hoofmeisie speel nie, sy weet net wat sy weet. En sy moet keer.

Letty-Ann dans op haar goue voete en skud haar goue sandale vir almal om te sien.

Woordnoot wikkel haar goue ore en die ander lê soos hulle lag. Terwyl hulle ook probeer, maar hulle ore het nie genoeg gewig nie omdat dit goudloos is.

Appeltjie beduie met haar goue vingers na Sonell, Positief, Seegogga en Frannie, vra hulle moet hulle goud ook skud.

Christa waai haar goue veer in die lug, beduie hulle kan nog nie, hulle goud moet nog beskryf word. Sy is al baie goed met lyf- en vingertaal. Almal verstaan dadelik. In Qazaqstan is dit al manier waarop die Qazaqs haar verstaan.

Al die towerinne knik instemmend, want as daar een kenmerk aan hulle is wat nie weggesmyt kan word nie, is dit hulle behoefte om elkeen te laat skitter. Want hier is geen harte van klatergoud nie.

Die gevaar is uiteindelik verby. Niemand het seergekry nie, besef Christa vir die eerste keer.

Sy sukkel om normaal te dink as mense met gewere dreig. Die rooimiere met AK 47’s het haar die skrik op die lyf gejaag. Sy wens mense wil gewere smelt en stoele daarvan maak. Of beddens. Dat almal ‘n rusplekkie kan vind.

En toe lag Christa, terwyl Toortsie probeer keer.

Uit haar maag uit, lag sy die oombliklike en maandelange spanning weg en skakel dit oor in die kekkellaggie wat vir ander soos ‘n heks se gelag kan klink.

Die een waarteen Toortsie haar probeer beskerm het. Die een wat hoor en sien laat vergaan.

Frannie het so groot geskrik dat sy die rooimiere byna vermorsel het op haar pad na die opening waardeur die towerinne ingekom het. Gelukkig keer Una haar net betyds.

Seegogga het haar knypers so vinnig toegemaak as wat sy kon. Maar almal kon nog sien hoe die knypers oop en toe maak. So amper was Christa se mond in die slag. Seegogga staan verleë en lag.

Sy het so amper vir Christa goed seergemaak met daardie knypers wat die towerinne al uit moeilike situasies gered het. Sy het haar boeglam vir die kekkellag geskrik.

En toe is daar stilte.

Die ander was lankal stil geskok. Net so vinnig soos Christa begin lag het, hou sy op. Haar oë op die mond van die maer koningin. Wat sê sy?

Sy sê niks.

Sy lag.

‘n Helder klokkielag terwyl sy na Seegogga se knypers kyk. Daardie is beslis gevaarliker as die rooimiere se gewere. En sy wys vir die towerinne hulle moet weer dans. Hulle is egter in vervoering oor die mooi klank van haar stem.

Die klokkielag vul die kamer, die tonnels, en dit dryf hoër en hoër op om by die opening uit te vloei waar die towerinne ingeval het. En dit sweef verder en verder weg.

Tot by ‘n aantreklike ridder op sy spierwit perd. Lang swart hare in een ponie vasgevang. Ysblou oë, wat seker pragtig kan wees as hy weer onthou om te lag.

Hy volg die klokkielag om by die bron uit te kom.

Dit is sy koningin se lag daardie. Hy sal dit in der ewigheid nooit vergeet nie. Net sy kan so lag dat dit soos klokkiespel klink. Lewe sy nog? Hy soek haar al so lankal.

Buitekant hou die ridder sy teuels in.

Sonder om te dink, gly hy in die tonnel af, af, af en af en weer af. Al agter die bron van die klokkielag aan.

Toe die goue vroue weer kyk, staan een beduiwelde ridder met blou oë wat vonke skiet in die opening van die kamer.

Die towerinne sien hom nie, hulle kyk geskok na die tonele wat teen die mure van die tonnels verskyn. Om die koningin te help onthou. Wie sy is en waar sy vandaan kom en hoe sy hier beland het.

Die ridder dit nie. Hy sien ‘n groep vroue wat sy koningin gevange hou.

Dreigend storm die ridder op die towerinne af.

Liewe Seegogga, met jou goue knypers. het jy ons al uit enige sSal jy asseblief verder vertel?

Hooffoto: Geleen by https://fineartamerica.com/featured/golden-crab-on-charcoal-black-serge-averbukh.html.

19 gedagtes oor “Hoofstuk 7. Die maer koningin begin onthou …

  1. Wat ‘n goeie storie. Ek wonder watse prente op daai tonnel-mure verskyn het. En hoekom is die ridder kwaad, ons het sy koningin maak lag en dit het hom weer by haar uitgebring? Hierdie raak nou spanningsvol hoor. Jy het geskitter met jou goue veer

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.