Laaste wat as bloguitdagingskryfstuk.
Wat as ons nie hierdie woonstel gekies het nie? Dan sou ek in ‘n berg vasgekyk het. Pragtige berg, wat ek steeds van die stoep op die vloer kan gaan bewonder. Maar ek sou nie gesien het hoe vliegtuie in die verte aankom en oor my horison beweeg om te gaan land nie. Skielik sien ek meer vliegtuie inkom, soms die een na die ander. Die een het skaars op die aanloopbaan geland, dan is die ander een op sy stert. Ek sien ook meer wat opstyg en in die weste verdwyn. Daardie vliegtuie bring hoop.
Nie soos toe ons klein was en vir die vliegtuie wat oor die plaas gevlieg het geskree het om vir ons ‘n boetie te bring nie. Gelukkig het hy nie geluister nie. Een broer tussen 5 sussies met my as die oudste sou ‘n interessante lewe gelei het.
As ons nie hierdie woonstel gekies het nie, sou ek nie tot baie ver in die verskiet in kon kyk nie. Ons het nou al gery en gery en steeds nog nie uit die stad uitgery nie. En ek kyk oor die stad. Op landerye in die verte. Wat seker die een of ander tyd wit gaan wees. Dalk nie? Dit sneeu nie so baie soos in Ust nie.
As ons nie hierdie woonstel gekies het nie, het manlief my dalkies net gek gemaak. Hulle vergader baie, selfs meer as toe hy in Ust was. Maar dan onthou ek dat daardie woonstel piepklein was. En dat dit heerlik is as hy van die. huis af werk. Hierdie woonstel hetr spasie vir ons alwee se werk.
As ons nie hierdie woonstel gekies het nie, het ek nie bo-op ‘n gym gebly nie. Blykbaar twee van hulle. En nou moet ek op die dokter se aanbeveling gaan kyk of hulle joga aanbied. Ek sien nie kans vir die ding nie, lyk of die mense hulself knoop. Kan ook nie na iemand luister wat vir my vertel ek moet ontspan as ek nie kan nie. My kop is te vol gedagtes om haar stil te maak as sy goed wil uitsorteer.
So gaan ek uitvind of hulle joga klasse aanbied? Die twee foto’s op die deur breek my moed. My agterstewe lyk nie so nie en gaan in der ewigheid ook nie so lyk nie. Maar ek sal moet deurdruk. Dalk werk joga tog?
Mia het my pilates laat probeer doen. Ek het gefaal nog voor ek gegaan het. Hierdie gym is egter so naby aan my. Dalk moet ek gaan? Hoe erg kan strefoefeninge nou wees?
Christa,klink my jy huur nie om dowe neute die woonstel bo die gym nie!
LikeLike
Lag ek nou lekker, ek en gym is nie partners in crime nie, Una.
LikeLiked by 1 person
Toemaar, ek hou ook nie van gym nie. Dit maak my lam.
LikeLike
My ook ….
LikeLike
Wat as jy tog probeer en jy geniet dit vreeslik?🤗
LikeLike
Het jy al? Ek voel te oud om dit te probeer. En onthou … ek verstaan nie, hoe gaan ek die vrou verstaan?
LikeLike
Ek verstaan jou dilemma.
LikeLike
Dankie, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook die gym is met n doel daar geplaas. Ek het my laaste jaar voor ek hierheen gekom het by n gym gewees waar hul oefeninge gee wat by jou liggaam pas. Dit was nogal heel lekker gewees op die einde want jy begin stadig en dan vermeerder jy na mate jy dit kan volhou.(haha, beduie n ou wat nie baie lief vir oefeninge is nie!)
LikeLike
Ek dink ek gaan probeer. Net vir ingeval.
LikeLike
Mooi man! dis net so dertig minute van lekker beweeg.
LikeLike
Ja Scrapy, lyk vir my soos knoop
LikeLike
Haha, ek het ook so gedink. Was vir my ook n hele aanpassing om in die ritme te kom.
LikeLike
Daai gym is vir die vinkwyfie bo. Laat sy eerder daar aan due ysters gaan ruk, rem en pluk.
LikeLike
Inderdaad. Sal haar stuur.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person