Die towerinne van Rebusfontein

Hierdie skryfstuk vorm deel van die Towerinne se Rebusfontein avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur. Die ander hoofstukke kan hier gelees word

***

Ons het 5 Maart 2019 na Öskemen, Qazaqstan getrek. Ek was alleen, het nog nie vriende ontdek nie en het dus geen vriende in die land gehad nie. Manlief het van 7 tot 5 gewerk, daardie tyd van die jaar was dit van stikdonker tot stikdonker in Öskemen, Qazaqstan. Ons woonstel was buite die stad, vir alles wat ons moes hê, moes op taxi stad toe vat, 25 minute se ry.

My drie Miniatuur Schnauzers sou kom. Ek was besig met al die papierwerk toe seun sê, ma moenie, ek koop huis, daar is plek vir ma se woewe saam met ons woef en die kat. My hart was in twee stukke geskeur.

Dit is beter vir my woewe om nie te vlieg nie, hoe gaan ons ses maande in ‘n woonstel oorleef as ek te bang is om op die sneeu uit te gaan? Die sneeu het begin smelt, dit was op plekke soos seep. As jy nie mooi kyk nie, trap jy op swart ys, en dan is jou voete onder jou uit. Hulle sou my maklik ‘n been of arm laat breek as ek vir hulle kyk en nie vir die pad nie.

Ek sou ‘n drieling woewe waentjie koop, hulle daarin sit, afvat en ver buite stoot en dan laat pieps. Maar sou hulle dit kon vat? Is dit regverdig teenoor my honde? Om te kom? of om te bly? Seun het egter gewen. Ons kom nie vir altyd nie en dit gaan weer fortuin kos om hulle in asuid-Afrika te kry. Buitendien, Suid-Afrika het die belaglikste reëls oor woewe, hulle moet met ‘n waybill of iets op ‘n vragvlug gaan. In Qazaqstan ry hulle saam met my in die vliegtuig, ek kry hulle as ons stop.

Dus het woewe gebly, en moes ek die pad alleen in vreemde land stap waar niemand my verstaan nie. Toe begin ek ons belewenisse op FB vertel en my skoolmaats moedig my aan om ‘n boek te skryf. Daarvoor het ek nie kans gesien nie, toe begin ek blog.

En mense antwoord op my blog. Ek dink Sonelle was my eerste blogvriendin. En ek lees haar werk en sy myne en ons gesels in die kommentaar. So lees ek ander bloggers raak en ‘n storie oor ‘n kamma-reis van ‘n groep towerinne wat die hoofrolle in hulle eie stories speel.

En ek lewer kommentaar. En Una nooi my om saam te skryf. Eerste opdrag was om my voor te stel. (Kliek om res te ontmoet)

Junie 2019.

En ek was bang om sommer net so in te val en ‘n huisie te kry. Intussen stel almal hulle aan my voor. En ek moet nog kophou van elkeen se troeteldiere, waarvan hulle hou en voor ek weet, was ek deel van hierdie groep Afrikaanse blogvriendinne wat my uitdaag om saam aan hoofstukke van vervolgverhale te skryf, waarvan hulle/ons die hoofkarakters is.

***

Ons was juis die maand in ‘n vreemde vlieënde tent, besig om die wêreld vol te reis. Toe ons ‘n brief kry van een van die towerinne.

Ons het gedink sy is saam met ons, maar iemand het haar plek gevat. Sy was alleen in Rebusfontein. Die saniteerders het gekom om alle goggas dood te maak. En net so, voor haar oë verdwyn Rebusfontein in die niet.

My huisie het eerste in die slag gebly. Iets soos daai Last In, First Out besigheidsgesegde. En ek was tot in my tande geskok.

Hoe kon dit gebeur? Almal was so besig met hulle planne vir die volgende stop waarheen hulle ons sou neem. Juis omdat ons tans nie mag vlieg nie. Nērens heen nie. Ek kan ook nie huis toe gaan nie.

My storie oor die volgende plek waar ons met die tent sou stop, was amper klaar geskryf. Ons sou in die Tweede Wēreld Oorlog land. In Rusland. Stalingrad. Tussen die Duitsers en die Russe. Aan die einde van die oorlog. Dat hulle kan voel hoe koud winter in Rusland is …

En woeps, weg is ons huisies …

Ek het gevoel soos die ou in Uno met die wenkaart, moet net neersit, toe kry ek ‘n +4 kaart. Om op te tel, meer as wat ek wou hê. Met ‘n half voltooide storie …

***

Maar, dit was nie waar nie. Lees gerus hoe die ander die dorpie weer herontdek. Ek het gevra dat hulle dit in die kommentaar deel.

As hulle skakels deel, kan jy daarop kliek om hulle stories te lees ook.

14 gedagtes oor “Die towerinne van Rebusfontein

  1. So mooi geskryf. Die geluk by die ongeluk? Ons het intussen ontdek dat Rebusfontein reeds bestaan. En een vir een begin ons ons huisies skoonmaak. En die tent staan by die hek en wag vir ons vir enige tyd wat ons lus het vir reis. 🙂 Ons sal so graag nog Rusland saam met jou wil besoek. Jy is ‘n kosbare Towerin. Ons is baie lief vir jou.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.