Vinnige blaardeegresep vir Thermomix

Ek koop gewoonlik blaardeeg, want ek het nie geweet dit is so maklik om die self te maak nie. Wel, met Thermie is dit regtig eenvoudig en maklik, ek het nie eens die deeg gaan koud maak nie.

Bestanddele

  • 130 g koekmeel
  • 140 g yskoue botter
  • 1/4 t sout
  • 60 g yskoue water

Metode

Sny die yskoue botter in blokkies. Sit die meel, botter, sout en water in die Thermie bak en meng vir 5 sekondes op spoed 5. Stel die masjien op knie en knie vir 20 sekondes. Die deeg is krummelrig, maar begin om te meng en kan selfs ‘n bietjie taaierig voorkom. Mens sien nog stukkies van die botter.

Haal die deeg uit en rol op ‘n meelbestrooide oppervlak uit.

Indien nodig kan bietjie meel aan die bokant van die deeg gestrooi word om te verhoed dat dit aan die blad en die koekroller vassit. Rol in vierkant uit.

Die deeg kan in drie gevou word, stof elke keer die ekstra meel af wanneer jy vou. Die deeg kan dan vir ‘n halfuur in die vrieskas gesit word om koud te word.

Gebruik dan soos benodig.

Ek het ‘n ronde bak uitgevoer, hoendervulsel gaargemaak bestaande uit uie, hoender en geursel, gevul en lagie bo-oor gesit. Verf melk oor die deeg voordat dit gebak word om ‘n mooi kleur daaraan te gee.

Bak vir 30 minute in ‘n 200ºC oond. Ek vind dat dit na 15 minute mooi gaar kan wees.

Draai die oond in so ‘n geval af en laat in die oond staan tot die 30 minute om is. Sien, ek het self gebak …

Bedien met warm met ‘n slaai.

Terloops: Ek het gevind dat die deeg selfs mooi bak indien dit direk na die mengproses gebak word.

 

 

9 gedagtes oor “Vinnige blaardeegresep vir Thermomix

  1. Ek sal dit graag wil probeer. Blaardeeg laat my heimwee kry na Ouma se konfyttertjies…
    Ons kinders het baie gewonder hoekom sy gemmerkoekies en vlakoekies en hawermoutkoekies gebak het as ons almal net konfyttertjies wou eet?
    Ek wens, ek wens ek het ‘n thermi. Dit klink of dit al my geploeter in die kombuis sal oplos.

    Like

    1. Ai Gedigte, toe my ma een gekoop het, was ek sommer baie vies oor die mense wat in aftree-oorde ingaan en goed aan ou mense verkoop teen R20 000. Toe lees ek bietjie op, koop een en nou is sy my beste vriendin in die kombuis. Veral as ek nie lus is om skottelgoed te was nie. Of, om potte dop te hou nie. Sy gaan haar gang en roep my as sy klaar is – en ek het dan nie gebrande rys terwyl ek verlore is in ‘n artikel nie.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.