As mens jou ore uitleen …

Jy het seker gewonder waarom ek nie oor ons dik laag sneeu geskryf het nie? En so stil is. Laat ek dan maar vertel.

In Januarie 2019 is ons na Qazaqstan. Om aan die bas te voel of ons in sulke uiterste temperatuur kan oorleef. Toe was dit -38 grade Celsius.

Ek was doodbekommerd dat mens nie sal oorleef nie. Frostbite in die vingers en tone sal kry. As dit nie warm gehou word nie.

Toe is daar vir my gelag, mens moet ure in wind en weer wees om wel bevrore vingers te kry. En dit sou ons mos nie wees nie.

Dit het verlede week Maandag en Dinsdag gesneeu en die wêreld was in ‘n wit kombers toegemaak. Wanneer dit sneeu, is dit warm.

Daarna is dit baie koud. Woensdagoggend was dit -31 grade Celsius. En ek het op my Facebook geskryf dat ek in die nes gaan bly. Nie gaan uitgaan nie. Bietjie later was dit nog -28 grade Celsius.

Daardie tekentjie by now sê ysige wind.

Toe druk die nood. Manlief kom middagetes huis toe. En die botter is op. Dus het ek al die nodige lae aangetrek. Handskoene, mus, alles.

En gestap om melk by Miken te koop. Dit was ysig. Ek het soos al die ander mense my ken in die kraag van my jas gedruk. Soos natgereënde hoender. En verby die mooiste prente gestap. Wat gekiek moes word.

Maar my foon was tuis!

Dus het ek gou die botter neergesit, foon gevat en afgegaan om ‘n paar foto’s te neem.

Presies vier minute tussen die eerste en die laaste van ses foto’s. Met my hande in my handskoene tussenin.

Hierdie man moes gekiek word. Hy het met die spesiale besempie sy kar skoongevee. Kyk net hoe dik lê die sneeu. Ons het 20 cm sneeu gekry.

Kyk ook hoe diep die sneeu om die wiele lê. Dit is verbasend hoe die sneeu so aan die ruite vasklou. Om soos ysige kombers oor kar te lê.

Dit is een van die redes waarom bykans elke kar sitplekoortreksels het. Mens kan net dink hoe koud die leer is. Nog ‘n foto van ‘n gesneeude kar.

Die kersbome het aansienlik meer sneeu opgehad.

En die ou klein enetjie se takke het swaar gebuig onder sy vrag.

Die sneeu het homself oor die trappe gedrapeer. Die hoogte verskil tussen trappies probeer uitwis.

Toe ek deur die tonnel na die voorkant van die gebou gegaan het, was dit baie koud. Maar ek het deurgedruk om die foto te neem van die man wat die sneeu wegvee.

Toe ek die foto neem, het ‘n windvlaag die sneeu opgeswiep. En my hande was binne ‘n sekonde yskoud. Donkerrooi koud.

Toe stap ek vinnig terug huis toe. Maar stop eers om dié foto te neem. Van die kabouterkappies op die bessies

Kyk ook net al die sneeu om die wiele.

Toe ek in die huis kom, was my vingers baie rooi en baie seer.

Ses foto’s geneem. Net ses keer my hande uit handskoene gehaal om vinnig te kiek.

Ses foto’s wat ek later kon neem as dit warmer was.

Ses foto’s wat my my vingers kon kos.

‘n Week later is my vingers steeds gevoelig. Het inflamasie opgedoen.

Daarvan sal ek later vertel, die skrik lê nog te vlak om daaroor te skryf.

Wat ek wel kan sê, is dat mens maar na Google kan luister. Diegene wat my uitgelag het omdat ek vir frost bite bang was, is verkeerd.

Dit kos minder as 4 minute in -28 grade Celsius omstandighede om gevoelige skade te veroorsaak.

Daarom gaan ek in die vervolg nie weer my ore uitleen nie.

Google het gewaarsku dat dit 2 minute kan vat om afvingerskade te veroorsaak. Daarvan sal ek kan getuig. As ek nie naby warm water was om dit te verwarm nie, was die skade veel erger.

25 comments

  1. Die whiners van Whineberg sal nooit, ooit weer ophou kla as dit net vir ‘n minuut so koud was hier nie. Ek woon mos in Klaastad. Van my sonnige strand af lyk julle plek soos ‘n feetjieparadys. Friesland II.

    Like

  2. Sjoe! Ek is nou eintlik geskok. Ek is so bly jy was betyds terug. En dat die skade nie groot is nie. Dankie dat jy die pragtige foto’s wel geneem het sodat ons kan sien.

    Like

  3. Dit is wonderskoo mooi.. dankie vir die waagstuk om dit met ons te deel, jy is dierbaar. Hoop jy voel vinnig beter. Dis dalk scary ervaring gewees maar dink net wat sou jy gemis het as jy dit nie gewaag het…

    Like

      1. Ek is jammer jou vingers is seer. Maar dis wonderlik dat jy overcome en nie terug deins maar oplossing soek. Dit is die goeie stofasie waaruit die Almagtige jou gemaak het. Ek is so trots op jou❣

        Like

      2. Jy sou nie daar gebly het nie Christa. Jy sou dalk ‘n rukkie daar gekuier het maar dan sou jy opgestaan het en aangestap het. Die vyand wil hê jy moet glo dat jy swak is. Maar in Christus is jy sterk omdat jy aan Hom vashou sou jy opgestaan het. Wees genadig vir jouself

        Like

  4. Christa, ek het toevallig gister ‘n video gesien van 5 minute hacks. Hulle werk “conductive” garing op die vingerpunt van die handskoen wat jy dan kan gebruik om jou foto te neem en die handskoen aan te hou, ek sal kyk of ek die link kan kry

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.