Gepubliseer in Joernaal

Lydende vorm: Maklik as jy paar reëls ken

* Taaluitdaging: gesels saam en voel vry om van my te verskil.

Die lydende vorm is een van die maklikste taalkundige konsepte om vir kinders te leer, as mens ‘n paar basiese reëls ken.

Om ‘n sin na die lydende vorm oor te skakel, moet die sin uit ‘n onderwerp (doener), ‘n werkwoord (doenwoord) en ‘n voorwerp (aan wie iets gedoen word) bestaan.

As hierdie drie basiese elemente bestaan, kan die sin na die lydende vorm oorgeskakel word.

Teenwoordige tyd

* Die man skop die bal.

Die man = onderwerp (doener)

Skop = werkwoord (doen)

Die bal = voorwerp ( aan gedoen)

*** so maak mens ***

Die sin word begin met aan wie/wat iets gedoen word.

* Die bal

Voeg dan word deur agterna.

* Die bal word deur

Voeg dan die doener by.

* Die bal word deur die man

En voeg dan die doenwoord by, in die verlede tyd.

* Die bal word deur die man geskop.

Verlede tyd

Die verlede tyd werk presies soos die huidige tyd, behalwe dat word na is verander word en dat die werkwoord reeds in die verlede tyd & aan die einde van die sin is. Let daarop dat het wegval.

***so maak mens ***

* Die man het die bal geskop.

* Die bal (aan wie gedoen)

* is deur (lydende vorm verlede tyd)

* die man (doener)

* geskop (werkwoord)

Leerders sukkel om te verstaan dat is die verlede tyd van word is. Dus moet hierdie reël ingeoefen word.

Verlede tyd en hede lyk presies dieselfde, behalwe vir is en word.

Die bal word deur die man geskop (hede)

Die bal is deur die man geskop (verlede).

Uitsonderings

Ek het altyd vir my leerders geleer dat Afrikaanse mense lui is. Moes dalk eerder gesê het dat ons haastige mense is. En niks onnodig doen of skryf nie.

As die iemand wat die iets doen enige iets of mens kan wees, laat ons dit uit.

* Hy skop die bal. (Wie is hy? Weet nie, maak ook nie saak nie)

* Die bal word geskop. (Los deur hom uit.

Voorbeeld:

* Hulle doen navorsing. (Kan enige iemand wees)

Navorsing word gedoen (los deur hulle uit)

* Sy het die kos geëet. (Kan enige iemand wees)

Die kos is geëet. (los deur haar uit)

* Ons het navorsing gedoen.

Navorsing is gedoen (los ons uit)

***

Voel asseblief vry om aan die gesprek deel te neem. Laat verdere voorbeelde of vra vrae dan kyk ons saam daarna. Of verskil van my!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Lydende vorm: Maklik as jy paar reëls ken

  1. Ons het dit al so baie keer vir die leerders geleer en van hulle kry dit steeds nie reg nie, veral EAT-kinders. As dit maklik is, hoekom sukkel hulle dan steeds?

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.