‘n Volgende hoofstuk in die gesamentlike blogverhaal van die Towerinne. My tweede hoofstuk. Die vorige hoofstukke kan hier gelees word.
***
‘n Hele aantal geraamtes is ontdek en daar is verklaar aan wie elkeen behoort. Tannie Frannie het in die vorige hoofstuk verklaar waarom die twee kinders se geraamtes in ‘n kis in die tonnel onder die herehuis Eden was. Hier volg my hoofstuk.
***
My drie Miniatuur Schnauzers het in die toring van Frannie se huis saam geluister, en bly luister lank nadat ons klompie towerinne huiswaarts is om die nuutste ontknopings te verstaan. Ons koppe het gedraai.
Una, Kameel en Vuurvliegie het my woewe aangemoedig om mooi te luister wat die ander woewe en katte kon uitvind. Sodat ons die geheime vir eens en altyd kon uitpluis. Virgo C, Hester en Positief het gesê dat hulle sukkel om alles te verstaan, ons moet rus ook.
Toortsie en Trommetjies het saam met my huis toe gestap. Toortsie omdat sy ook vir die donker bang was. Trommeltjies omdat sy geweet het dat ons twee vir die donker bang was. Ek moes egter die laaste deel van die paadjie alleen stap, maar het gesien dat Lorenzo op ‘n afstand saamstap. Dus het ek op ‘n wolkie huis toe gestap. Mooie man daai ene!
Die volgende oggend was die towerinne dou voor dag uit die bed. Almal het op my huisie se stoepie kom plek soek om te sit.
Sommiges het maar lekker deur die blare gelyk, hulle hou mos van sonsondergang, die son kom vir hulle heeltemal te vroeg op. Lekkervurig en Perdebytjies was amper laat. Perdebytjie het haar kamera vergeet. Seegogga het gegaap, maar dit probeer wegsteek. Bondels het weer prentjies geteken, sy kan die werk van die tekenaars in die hof oorneem, so vinnig doen sy dit. Scrapy het haar aan die prentjies sit en verwonder. Frannie was angstig, sou my woewe so goed soos hare geluister het? Woordnoot het aangemoedig, kom nou BB, ons wil nou weet! almal is hier.
***
BB het soos gewoonlik grootmejuffrou op my skoot kom sit. Half bo-oor my, soos sy gewoonlik maak. Sobek het oor my een hand kom staan sodat ek hom kon krap, en Shilo oor die ander een. Hulle het geluister hoe hulle ma vertel. Soms reggehelp as sy van die spoor afgedwaal het. En dan het sy haar eers vreeslik gewip. Ongeskikte kinders!
En so het ons towerinne verder gehoor wat daardie laaste dae op Eden gebeur het.
***
Sophia was baie omgekrap omdat meneer Hardy die geheim oor die kinders so ongenaakbaar op Klara se sestiende verjaarsdag bekend gemaak het. Ook dat hy hulle oupa is en die kok hulle ouma. Koel en berekenend. Watter soort oupa doen dit?
Jou ma is nie jou ma nie, Charlotte is. Jou pa is jou pa. En ek en tannie Marks is jou ouma en oupa.
Klara was platgeslaan. Het na haar toe gehardloop. Om getroos te word. Sy kon nie jok nie.
So? Haar pa is ‘n rondloper. Hy en Charlotte was haar ouers. En nie Sophia en hy nie. Die vrou in die kelder was haar ma! Wat al die jare lank vir haar weggesteek het dat sy haar ma is. Watter soort vrou doen dit?
Vir haar moes sy van haar verjaarsdagkoek vat. Gif sou dalk beter werk. Maar sy is af, het die koek gevat. Op haar sestiende verjaarsdag.
Charlotte het nie geweet dat meneer Hardy vir haar vertel het nie. Sy het die trappies skoorvoetend afgeklim. Wou die koek net neersit en loop. Het niks gehad om te praat nie.
Maar Charlotte wou nie hoor nie. Moes toe probeer om haarself te verontskuldig.
Dit was probleem daardie tyd, Klara, het nog in haar ore geklink toe sy teen die trappies op gehardloop het.
En toe is Charlotte se hand op haar skouer. sy wou haar keer om weg te hardloop. Sy kon die gevoel nie verdra nie, het tyd nodig gehad om dit te verwerk. En toe stamp sy haar weg. Sy het gehoor hoe Charlotte val, maar nie omgedraai om te kyk nie. Sy moes daar wegkom, sy het tyd nodig gehad om te dink.
Haar ma was so ‘n goeie mens. Soms wens sy sy was nie so ‘n goeie mens nie. Klara was die hele week daarna in ‘n toestand. Wou nie uit haar kamer nie. Toe stuur haar ma haar om vir Charlotte te gaan kuier. Op daardie noodlottige dag.
Sy het ja gesê, maar haar hele wese het daarteen geskree. Sopia is haar ma.
Sophia het eers vir haar, Klara, buite-egtelike dogter van haar man Joseph, as haar eie grootgemaak. En toe ook die tweede buite-egtelike kind, ‘n seun, haar boeta Thomas.
Ek haat Charlotte en ek haat my pa! Ek is dankbaar hy is nie nou hier nie.
Toe is sy af kelder toe. Wat daarna gebeur het, is reeds vertel. Behalwe dat Klara, toe sy die vrou in die vreemde posisie op die kelder se vloer gesien het, geweet het dat dit haar skuld is. Haar skuld dat Charlotte dood is. En toe het sy waansinnig geword.
Intussen is Sophia na die skape toe. Daar was ‘n skaap wat gehelp moes word. Die mans was nog weg, maar sy het geweet wat om te doen. Sy was bekommerd oor Klara.
Wat sy nie weet nie, dink Sophia, is dat die twee van die babas ontslae wou raak, dit het vir hulle net oor die lyflike plesier gegaan. Vriende met voordele. Sophia kon dit nie toelaat nie. As plaasmeisie het sy gehelp om baie diertjies in die lewe in te bring, te versorg en groot te maak. Sy kon nie self kinders kry nie. Sy sou nie toelaat dat hulle ‘n menselewetjie neem nie.
Haar son het lank agter ‘n digte wolk verdwyn, maar die blondekop babadogtertjie het ‘n liggie laat opflikker. Sy het haar Klara genoem. Haar sonskynkind. Klara, het so helder en mooi geklink. En so was haar poppie se laggies tot op haar sestiende verjaarsdag.
Terwyl sy Klara versorg het, was sy salig onbewus van die verhouding wat steeds aangaan. Sy het Joseph aanvanklik geglo. Dat hy lande toe was. Sy was so besig met die babatjie.
Maar sy moes geweet het ‘n jakkals verander nie van streke nie. Hoe sê hulle: Een maal ‘n egbreker altyd een. Sy was nie eens geskok toe die twee egbrekers ‘n jaar of wat later aankondig dat nog ‘glipsie’ gebeur het nie. En weereens het sy haar eie hartseer en skok en ongeloof diep gaan bêre. Die seuntje se naam het haar diep getref.
Thomas. Wat die naam ookal vir ander die ander beteken het, vir haar was dit met ongeloof verbind. Hy was nie ongelowig nie, sy was. Sy het Joseph daarna verfoei, met haar take aangegaan, hom haar kamer verban.
Die butler en die kok het geweet, maar sy het nie omgegee nie.
Sy het saans gehoor hoe sy kamerdeur oopgaan, hoe hy in die gang afsluip om na sy loslyf te gaan. Waarom dit ‘n liefdesnessie genoem word, sal sy nooit kan raai nie. Liefde is tussen twee mense wat trou aan mekaar beloof het. Wellus is ‘n beter beskrywing. Wellusgrot? Dit sou beter beskrywing vir die plek van hulle dade wees.
Lief soos sy vir die plaas is, was sy doodbang vir die tonnels onder die huis. Die kinders gereeld gewaarsku dat hulle nie in die tonnels moet speel nie, wie weet watter gevaartes kan van die waterval se kant af in die tonnels inkom?
Later het sy aangedring op ‘n deur in die kelder om die kinders te keer om in die tonnels te speel as sy nie naby is nie. Vir hulle sou sy ‘n leeu kaalhand vermoor. Haar kinders beskerm soos net ‘n leeuwyfie kan. Die twee rondlopers het die deur egter gereeld oopgelos.
Sy het twee sleutels laat maak. Joseph het die een aan ‘n kettinkie om Charlotte se nek gesit. Die ander een het sy self aan Joseph se stel sleutels, wat altyd in sy sak was, vasgemaak.
‘n Week na Klara se sestiende verjaarsdag het haar grootste vrees waar geword.
Sy het van buite ingekom, dit was ‘n moeilike geboorte maar die lammetjie is gered..
Dit was grafstil in die huis. Meneer Hardy en die kok was ook nêrens te sien nie.
Sy het eers weer na buite gehardloop, oral gesoek. Geroep en later geskree. Almal was in rep en roer. Die kinders was weg.
Sy is af na die kelder, sy het mos vir Klara gestuur om haar ma te gaan besoek.
In afgryse het sy na die lyk van Charlotte gestaar, haar neks was gebreek, die hangertjie met die sleutel was om haar nek.
Toe sien sy dat die tonnel se deur oopstaan.
Sy het meneer Hardy eers gehoor en toe in die bek van die tonnel gesien. Hy het hygend en skreeuend geslaan en geslaan. By sy voete was die verminkte lyf van ‘n swart slang. Mamba? Die adder was lankal vermorsel, maar hy het steeds geslaan.
Agter hom het sy ‘n kermende vrouefiguur uitgemaak. Die kok? Mevrou Marks? Wat maak sy in die tonnel?
Hulle het haar nie gesien nie. Gekerm oor testamente en slange en die kinders.
Die kinders? Sy sien hulle nie.
Waar is die kinders? het sy geskree.
Weer en weer en weer. Tot hulle opkyk.
Sy het nie die waansin in meneer Hardy se oe gesien toe hy opkyk nie. Eers die gevaar besef toe hy die yster in die lug swaai. Op pad na haar toe …
***
Die Towerinne het na hulle asem gesnak!
Seegogga het opgewonde op en af gespring. Uiteindelik was dit haar beurt om verder te vertel.
Alla, Christa. Dis uitstekend, al ons Eden misteries kom nou mooi bymekaar. Kanp gedaan. Wat sal ons sonder ons honde bendes doen?
LikeLiked by 1 person
Daai was so lekker om aan te haak. Verlang my nou dood na my honde. Toe sit ek sommer hulle foto’tjie op. Dankie Vuurvliegie
LikeLike
Ek is reg dat Seegogga aangaan?
LikeLike
Perfek
LikeLike
Welgedaan Christa. Uiteindelik weet ons hoe Charlotte dood is!!! Ek hou van die verklaring. Al wat my nou laat kopkrap is Sophia se “onskuld.” Uit die brief wat sy heel aan die begin vir Leonard geskryf het was dit duidelik dat die twee ‘n intieme verhouding gehad het. Sy staan self agter die deur en wys vinger na Joseph. Dis seker maar menslike natuur… Adam wys na Eva, Eva wys na die slang.
LikeLike
In Eden is daar darem baie agter die deur.
LikeLiked by 1 person
Nogal baie, die naam van die plek is misleidend
LikeLiked by 1 person
Die Rebusdiere moet ‘n pluimpie kry. Die skryfster ook. So, my instink omtrent Joseph was reg – ek het nooit van hom gehou nie. Vriende met voordele 😁 En toe skryf hy in sy testament dat Sophia nie ‘n goeie ma vir die kinders was nie. Die maaifoedie. Knap gedaan Christa.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester, my kop het dae lank gesukkel.
LikeLiked by 1 person
Jou kop mag gesukkel het maar ju het met ‘n baie goeie verklaring vir Charlotte se dood voor die dag gekom. En ons ‘n goeie kykie in die huishouding gegee.
LikeLike
Ag dankie Kameel, ek het met soveel idees gesit, effens getik en dan daarteen besluit. Dankbaar as die ene werk. Ek kon nie onthou waar Sophia gekry is nie. Hoe meer ek gesoek het, hoe meer het ek niks gekry nie.
LikeLiked by 1 person
Laat jy my nou lag Christa. Waar op aarde kom Sophia vandaan!!!! Kyk ‘n mens moes baie mooi kophou in hierdie storie… dat dit nie snaaks is dat jy ‘n karakter verloor het nie. Sy was êrens vroeg in die storie ingeskryf…. ek kan ook nie onthou wie haar karakter ingebring het nie.
LikeLike
Ek bedoel eintlik waar is sy dood? Haar geraamte was iewers gevind, Kameel, maar ek kry dit sowaar nêrens nie. Of was dit nie?
LikeLiked by 1 person
Nee sy is nie dood nie. Dis nou te sê as die twee geraamtes by die waterval wel Joseph en Leonard s’n is. Jy laat my heerlik lag Christa 😂😂😂
LikeLike
Ok, dankie! So ek het my verbeel. G’n wonder ek het my doodgesoek en nie gekry nie!
LikeLiked by 1 person
Jy moes harder gesoek het… miskien het jy op haar geraamte afgekom, en spaar Seegogga die moeite om uit te figure wat van Sophia geword het.
LikeLike
Dink Seegogga gaan goeie ding daarmee doen.
LikeLiked by 1 person
Wat sou dit beteken? Seegogga?
LikeLike
Sy is seker maar terug Londen toe, het daar nuwe liefde gevind en het drie kinders in die wêreld gebring.
LikeLike
Siestog, ek hoop so. Darem een gelukkige mens
LikeLiked by 1 person
Goed gedoen!!! DInk net hoe lekker sou ons daagliks kon gesels as ons met ons woewe en kieters kon praat en hulle ons kon antwoord!
LikeLike
Dankie Woordnoot. Ek wens! Gelukkig vir Rebusfontein
LikeLike
En as daardie diere begin geheime uitlap Woordnoot? 🤔
LikeLike
Hmmm. Gits, sal myne die Leviete moet begin voorlees.
LikeLiked by 1 person
Ag jy weet mos….ons towerinne het mos nie meer geheime van mekaar of oor mekaar nie…hulle moet net hulle bekkies zip tot die geheim van Eden opgelos is…dan kan hul maar tjank en blaf en miaau!
LikeLiked by 1 person
Dit is waar. Sjoe!
LikeLike
Sjoe, dis nou goed saamgevat, Christa! Ek is mal oor jou hondjies!
LikeLike
Dankie Perdebytjie, my hart lekker seer vanaand!
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan dit. My woefies is my hele lewe!
LikeLike
Myne ook. Dit was swaar besluit om hulle te laat bly. Hulle sou kom en toe word alles deurmekaar en seun koop huis en bied aan om te kyk en Duitsland dreig om uit te sit as hulle siek is en die papiere vat te lank en o jitte, ek gaan vanaand nie slaap nie. So lus om hulle vas te kan druk.
LikeLiked by 1 person
As mens dink aan die trauma van in ‘n hokkie op ‘n vliegtuig en dan nog kwarantyn, dan is dit beter dat hulle gebly het. My man was eendag daar waar hulle goedere en diere
Laai vir die vliegtuie.Hy sê die lawaai was verskriklik… vurkhysers en masjiene, petroldampe.Dink net hoe ontsettend traumaties is dit vir ‘n diertjie
LikeLike
Oe, nee, ek het daaraan nie eens gedink nie. Dankie Perdebytjie
LikeLiked by 1 person
Sjoe, daardie verklaring vir Klara se waansin is regtig briljant! Het lekker gelees hier.
LikeLike
Dankie tannie Frannie, ek het gehoop dit pas in.
LikeLiked by 1 person
Grote genugtig hierdie storie van julle kon ‘n boek gewees het!!! Well done.
Jammer oor jou woefe hoor, ek stuur drukkies
LikeLike
Dankie vir die drukkies Bondels. Ek mis hulle so baie. Moet sterk wees, min dink. Jaar is so lank.
LikeLike
Christa, as my verlang teveel word gaan huil ek ‘n goeie versie. Dit maak mens se hart skoon. Dan staan ek op en doen iets doelbewus iets lekker sodat my gedagtes op iets anders gerig is. Anders klou die droefheid te lank vas….
LikeLike
Dit is goeie raad. Ek sal so maak.
LikeLike
Sterkte
LikeLike
En nou haal ek eers weer asem nadat ek dit heeltyd opgehou het. Uitstekend geskryf.
LikeLike
Oe dankie Toortsie! Ek het gesukkel met hoe om aan te gaan.
LikeLike
Christa, jy het wonderlike werk verrig! Ek was op ń stadium skoon moedeloos omdat dit gevoel het asof ons storie net te veel onbeantwoorde vrae het. Ekself sou hierdie hoofstuk nooit so goed soos jy kon skryf nie.
LikeLike
Dankie Una, ek het dae lank gevat! Maar die opdrag was dat die storie na ‘n punt moes gaan. Toe probeer ek.
LikeLike
Wel, jy het dit uitstekend gedoen.🌺
LikeLike
Baie dankie Una, beteken baie vir my.
LikeLike
Uitstekend Christa, arme Klara en die onskuldige Thomas. Sal graag wil weet hoekom Charlotte so afgesonder is? Jammer oor jou honde kinders, my Karolus is vir my soos my kind.
LikeLike
Dankie Trommeltjies. Verlang na hulle
LikeLike