Gepubliseer in Resepte

My eie klappermelk

Dit is bykans onmoontlik om klappermelk in die hande te kry. En wanneer ek kry, kan ek nie in groot maat koop nie. Want dit moet binne vier dae opgebruik word. Ek hou niks van die blikkies nie. En toe ontdek ek dat ek sit self kan maak.

Ek het al vertel dat RSG vir my resep vir hawermoutmelk gestuur het. Toe dink ek nou so: As mens dit kan maak, kan jy klappermelk mos ook maak. Nou ja toe, mens kan! En dit is maklik! En goedkoop. Bietjie morsig, maar ek sien elke vierde dag daarvoor kans …

Ek bied ‘n resep vir die Thermomixers aan, maar mens kan dit seker maklik met ander masjiene maak.

Bestanddele

1000 ml gesuiwerde water

2 k gemaalde klapper

Metode

Stel Thermomix as volg op: Tyd: 5 minute; hitte: 50 spoed: 4

Die water moet warm wees, maar nie kook nie. Verhit verdere 2 minute indien nodig.

Gooi die klapper in. Stel masjien as volg op: Tyd 1 minuut, spoed 10. Dit moet fyn gekap wees.

Laat rus vir 2 ure en gooi die mengsel dan deur ‘n fyn, skoon katoenlap om die klapper van die water te skei. Druk die doek deeglik uit om al die melk uit te kry.

Bêre die klapper vir gebak en gooi die klappermelk in ‘n glasbottel.

Bêre in yskas, skud goed voor gebruik omdat die water skei as dit staan.

Dit is heerlik!

Lekkerder as wat ek al gekoop het.

Gesels gerus saam.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “My eie klappermelk

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.