Gepubliseer in Joernaal

‘n Garage vir Dusty …

Sedert ons vir Dusty in Junie aangeskaf het, soek ons ‘n garage waarin sy kan staan.

Dit was aanvanklik nie noodsaaklik nie, want hier word karre nie oopgebreek nie. Ook nie gesteel nie. Soos die winter nader kom, het die behoefte aan ‘n garage gegroei. Want die temperature daal hier na -40 grade Celsius.

Hier is nie iets soos Gumtree om te adverteer nie, ook nie webwerwe van agente nie. Dus kan jy nie net Google om ‘n garage te kry nie. Sou my ook nie veel gehelp het nie, als maar alles is in Russies.

Laat ek egter eers meer oor garages vertel. Ons het aanvanklik net van die bogrondse garages geweet (sien regs op foto).

Ons was aanvanklik baie nuuskierig oor hierdie lelike sementblokke met torinkies wat agter sommige woonstelblokke ingebou, so 0,5 m bo die grond. Met ingeboude toringtjies. Lelik.

Toe die somer kom en die deur aan die een kant oopgemaak word, was ons verras oor die doel daarvan. Garages!

En ons het ‘n garage nodig gehad. Wou van die bogrondse garage hê. Kon die spesifiekes van ons huis af dophou.

Intussen het manlief se tolk ‘n ondergrondse een te koop gekry, duurder as ons kar. Ver van ons woonstel. Met ‘n dronk oom en ‘n kwaai hond wat die ingang bewaak. Ek sou nooit alleen daarheen gaan nie.

Ruik soos ‘n dungeon, met water wat deur mure sypel. Of dalk ‘n myn? Ons het toe nie gekoop nie, kan nie op eie naam koop nie.

Kon op landlord van woonstel se naam koop. Toe wil hy nie kontrak teken dat dit ons s’n is en dat ons verkoop sodra ons weggaan nie. ‘n Vertaalde WhatsApp gestuur dat dit dan sy property is. Toe kanselleer ons maar die koop. Dit was Julie.

Intussen het ek agent gevra om te help soek, maar sy het vergeet. Ons het steeds een van die garages regs op die foto in die oog gehad.

Manlief het een van sy kantoordames gevra om die eienaar op te spoor. Sy kon nie veel regkry nie, toe vra ek met vreeslike moeite vir die ontvangsdames van ons woonstel om ons asseblief te help soek. Garage? Masjiena? Spasieba het die ding gedoen

Toe ek weer sien, staan een van hulle voor ons deur. Met ‘n tolk. Om te verduidelik dat sy vir ons twee garages gekry het. Een van die ondergrondses op die foto, maar dit was net ‘n parkering.

En een ‘n entjie verder weg. So blok se stap, maar naby ons woonstel. Ons het die eienaar die volgende dag gaan sien, kontrak geteken en nou staan Dusty ewe groot mejuffrou in haar garage.

Foto: Dusty in haar ondergrondse nes, 11 September 2019.

So laat ek vertel wat ons by die eienaar geleer het. Hier kry karre baie koud in die bogrondse garages. Aangesien die aarde tot 1,9m vries, word die garages ondergronds gebou, met die dakke dieper as 1,9m. Daarom die steil afdraendes om in te gaan.

Ons garage-kompleks het drie rye garages met 10 in ‘n ry wat rug teen rug staan, dus 60 garages.

Die garages is groot, het aan die agterkant stoorplek waar mens jou somer of winterbande en ander goed kan stoor. Onder die kar is een van daai gate waarin motorwerktuigkundiges staan.

Nuuskierig of manlief hier ‘n mechanic gaan word .. En of die garage so vol soos altyd gaan word. Want sien, dit mag nie. Ons moet nog huis toe kan gaan met 4 groot tasse en 4 kleintjies. En dit is klaar ‘n probleem …

Foto’s van hoe dit lyk kan hier gesien word cvanstaden

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

21 gedagtes oor “‘n Garage vir Dusty …

  1. Baie interessant…daardie sneeu van die Winter wat stadigaan naderkruip gaan dinge interessant maak…seker julle gaan mooi fotos ook kan neem.
    Dis interessant…geniet elke oomblik.

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.