Gepubliseer in Joernaal

M&M in Russies … lost in translation?

Vandag ontdek ek my gunsteling Suid-Afrikaanse lekkergoed in Gastronom. M&M! In Russies. Drie kleure.

Ons besluit dat die geel ons SA een met die grondboontjies moet wees. En koop ‘n groot pak. Wat ons nie verras nie. Dit is die regte ene. Ek wil egter die twee ander soorte ook koop, al verstaan ek geen snars wat daarop staan nie.

Op die blou pakkie staan ворчун (forchoen uitgespreek) wat Yandex vir my vertaal as grumpy, grouchy, grambler, croaker.

Google Translate voeg sourpuss, sourface, growler, nagger, grouse, mutterer, fuddy-dyddy en cross-patch by.

Ek het geen idee wat daarin is nie, is nogal sag, voel so bietjie soos waferkoekies, maar is so klein dat mens dit nie eintlik deur kan byt om mooi te kyk nie.

Op die swart pakkie staan хитрец (uitgespreek as gietrets). Wat volgens Google cunning beteken. Yandex vertaal dit as fox, dodger, slyboots en vilain.

Daarbinne is heerlike sjokolade.

Ek vermoed ons het hier met lost in translation te doen.

Nou moet ek weet, staan sulke name ook nou op M&M in Suid-Afrika? Of het hierdie tolke drooggemaak?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “M&M in Russies … lost in translation?

  1. Sal probeer uitvind…my dogter wat twee jaar in Rusland was, het die foto vir haar Russiese vriendin gestuur om by haar te hoor wat dit beteken. Sal jou laat weet sodra sy antwoord.

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.