Gepubliseer in Joernaal

Ekke in die 1980’s …

Hierdie ene vorm weer deel van ‘n uitdaging.

__________________

Ai Una, my foto’s is in Suid-Afrika, ek gaan kyk wat ek kan kry op my wolk.

Ons het iewers foto’s bymekaar gemaak vir my pa se 80ste verjaarsdag. En ek het so paar foto’s uit album afgeneem toe ons onlangs in die RSA was.

My troufoto’s is in die tagtigs geneem, 30 Januarie 1982 om presies te wees. Hier is ek saam met my vier susters.

My ma het ons almal se rokke gemaak. Dié susse wat getrou het s’n ook. My dogter is in die 1980’s gebore. 2 April 1983 om presies te wees.

‘n Dollatjie wat nie van slaap gehou het nie. Daarom sit ek hier nog in my nagkabaai, met hare wat permanent gekrul om ons twee vinniger gereed vir skool te kry!

Hier het ek darem ‘n skafliker haarstyl. Manlief hou van kort, ek bederf hom soms, net soms.

Hierdie foto is ook in die 80’s geneem. Seun se doop. Hy is op 14 Desember 1987 gebore. Sou dus Januarie 1988 gewees het.

Ek het my en dollatjie se rokke gemaak. En die wit pakkie wat boeta later die dag aangetrek het.

Een van die min kere wat ek geel gedra het. Daardie tyd was geel hoog mode.

Hoop dit help, Una?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

20 gedagtes oor “Ekke in die 1980’s …

  1. Liewe Christa, jy is so produktief op hierdie oomblik. Ek het nie daarin geslaag om almal te lees nie, hulle is meesleurend, hulle trek een in die draaikolk.

    Jy wil nie hê dat ‘n towenaar jou pret bederf wanneer varke vlieg en wilde perde hardloop nie. Mans staan ​​net in die pad.

    Neven, daar is Malamutes, nie Huskies nie, hier in Australië wat te warm is vir hulle.

    Ek het tot Februarie om seker te maak my heup is genees, intussen woon ek ‘n martelende rehab by die hospitaal Gimnasium by.

    soveel vir my stukkies gedagtes.

    Pax et bonum

    Andrew

    Like

    1. Hi Andrew, I am sorry to hear that. Are your wife ok? Thanks, it was old posts I had to post again as I am part of a writing group, and the links did not work when I changed my domain name last year. So I have put them in my draft box until I had time to understand how I could add the new link without moving their places in an inlinkz post. And now I had to do that as I want to do some research about the netowrks between the writers.

      Like

  2. Ek het nou die terugblik vreeslik geniet! Daardie pof moue en GEEL … ek dink ek het ook in die middel 80’s laas geel gedra 😁. Maar ek moet se, dis almal sulke pragtige rokke – jou ma het ‘n spesiale talent gehad!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.