Hierdie ene vorm weer deel van ‘n uitdaging.
——–
Ai Una, my foto’s is in Suid-Afrika, ek gaan kyk wat ek kan kry op my wolk.
Ons het iewers foto’s bymekaar gemaak vir my pa se 80ste verjaarsdag. En ek het so paar foto’s uit album afgeneem toe ons onlangs in die RSA was.
My troufoto’s is in die tagtigs geneem, 30 Januarie 1982 om presies te wees. Hier is ek saam met my vier susters.
My ma het ons almal se rokke gemaak. Dié susse wat getrou het s’n ook. My dogter is in die 1980’s gebore. 2 April 1983 om presies te wees.
‘n Dollatjie wat nie van slaap gehou het nie. Daarom sit ek hier nog in my nagkabaai, met hare wat permanent gekrul om ons twee vinniger gereed vir skool te kry!
Hier het ek darem ‘n skafliker haarstyl. Manlief hou van kort, ek bederf hom soms, net soms.
Hierdie foto is ook in die 80’s geneem. Seun se doop. Hy is op 14 Desember 1987 gebore. Sou dus Januarie 1988 gewees het.
Ek het my en dollatjie se rokke gemaak. En die wit pakkie wat boeta later die dag aangetrek het.
Een van die min kere wat ek geel gedra het. Daardie tyd was geel hoog mode.
Hoop dit help, Una?
Pragtigste fotos, Christa!!!!! Wow, dankie vir die deel.
LikeLike
Dankie Una
LikeLike
Dit is baie mooi fotos. Vys sussies, hmm? Ons was sewe sussies en drie broers (twee verskillende ma’s) – ek is die jongste en ‘n laatlam.
LikeLike
Sjoe Hester, dit is lekker groot gesin. My pa-hulle was elf kinders.
LikeLiked by 1 person
Te mooi. Pragtige bruid.
LikeLike
Dankie Toortsie
LikeLiked by 1 person
Jou fotos is pragtig! Mooi memories!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Woordnoot. Dit is
LikeLike
Christa, mooi, mooi!
LikeLike
Dankie Vuurvliegie
LikeLike
Sjoe, jy lyk so mooi in die geel! Lekker om iets uit jou verlede te sien.
LikeLike
Dankie Perdebytjie
LikeLiked by 1 person
Pragtig. Jy en jou sussies en kinders
LikeLike
Dankie dromer
LikeLike