Gepubliseer in Reisjoernaal

Qazaqstan, land van muurpapier

Ek het in die 60’s en 70’s grootgeword en Qazaqstan vat my terug na my kinderjare, toe muurpapier ‘n inding in Suid-Afrika was. Ek onthou sulke maroon koninklike muurpapier iewers in ons huis, kom dalk in die sitkamer gewees het. Dalk is ek verkeerd, maar ek onthou dat dit fluweelagtig gevoel het.

En toe verdwyn muurpapier. En ek wonder of dit ooit sal terugkom. En as dit doen, of ek dit sal plak. Want ek hou van skoon, amper wit mure. Kan maar grof wees, maar dit moet skoon wees.

So, laat ek bietjie vertel hoe muurpapier hier lyk. Ek dink ek het die van die vorige woonstel uitgevee, sal bietjie soek. As ek kry sal ek kom insit. Hierdie woonstel s’n lyk so.

Die slaapkamer se muur is ‘n perskekleur. En die gang herinner aan New York as ek reg is.

Die sitkamer is so bietjie erg vir my, maar nie noodwendig lelik nie.

Met ‘n fyner een vir afwerking.

Die gangetjie laat my na my dae as biblioteekprefek verlang.

En die ander slaapkamer kombineer hierdie twee soorte.

Dit gaan nogal baie mooi saam met die blink plafonne waarvan hulle hou.

En ek gaan dit ook wil hê as ek teruggaan. Dit maak dat die vertrekke soveel groter voel omdat die vensters in die dak weerkaats.

Kyk nou hier as ek die weerkaatsing ook afneem.

Voel so groot en mooi. Ons het nou die dag Mega Store ontdek, amper soos Builders. Interessant. En manlief se kuierplek. Hy kort mos altyd ‘n boor of ‘n saag of ‘n tang of skroewe …

En toe neem ek so paar af om my aan die glans van muurpapier te herinner.

Ek kan hulle liefde daarvoor verstaan. Dit het seker baie minder onderhoud as verfwerk. En maak dalk ook warmer as baksteenmure?Daar is baie meer, ek het net so probeer om die omvang te beduie.

Ek sal dit nie self plak nie, word heeltemal te gou moeg vir goed. Mure word nie maklik verander in ons huis nie. Dit is ook waarom ek nooit aan my sal laat tattoe nie, dit kan nie af as ek moeg raak nie.

Maar hier, in Qazaqstan, is muurpapier vir my baie mooi. Laat my sommer ook na sorgelose kinderjare op die plaas verlang. ❤️❤️

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

13 gedagtes oor “Qazaqstan, land van muurpapier

  1. Ma sê dit klink asof julle dieselfde ouderdom is want sy het ook in die 60’s grootgeword en sy ken muurpapier ook, maar daar is sy ook soos jy want sy ook ook net van skoon, wit mure. Maar die muurpapiere is regtig pragtig. Ek hou ook daarvan. Dit gee baie atmosfeer aan ‘n vertrek en dit lyk baie mooi as die venster so skyn op die dak. Die Russe is darem oulik hoor. 🙂

    Like

      1. Ma sê baie mense laat hul verkeerd lei deur die TV en movies. Russe, Chinese, Japanese, ens is almal mense nes ons, met verskillende kulture en leefwyses. Dit maak hulle nie sleg nie. Dit maak ons almal net anders, of die woord wat sy gebruik : uniek. Ma hulle het ook met baie ander mense van ander plekke kennis gemaak en dit is soos jy sê, hul almal is soos ons en wil ook maar hê wat ons wil hê : liefde en aanvaarding.

        Liked by 1 person

  2. Ek was nog nooit mal oor muurpapier nie, maar sjoe! Hier is darem werklik ‘n paar mooies! Dis natuurlik meer werk as om net n muur te verf, maar kan darem ook vervang word. Ja….ek het met die pendeldiens geleer dat almal van ons soek dieselfde ding. Ons wil vrede hê en vir ons families kan sorg…maak nie saak watse nasie of velkleur.

    Liked by 1 person

  3. Ek en my man sit soms en kyk na ou episodes van Doc Martin en dan vergaap ek my aan die bont muurpapier in die huise met die lae kosyne. Dit lyk my die Engelse het gehou van donker patrone en dis baie bont ook. Ek hou ook van skoon mure en tog nie te baie meubels nie. Of ornamentjies nie. Ons noem dit kaggelkakkies. Maar dis ongeskik – smaak verskil en myne is baie minimalisties.

    Like

      1. Jy’s reg. Vandat ons Suidkus toe verhuis het vier jaar gelede, woon ons in kleiner wooneenhede met genoeg meubels vir drie mense. Ek en my dogter doen self die huiswerk. Ons kuiergaste boek ons in by gastehuise 😊

        Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.