Gepubliseer in Reisjoernaal

Kragloos in Qazaqstan

Iewers vanoggend hoor ek die musiek op die Apple TV gaan af. Maar die dingetjie sit homself gereeld af en ek hou van stilte, dus los ek dit so. Manlief se probleem as hy huis toe kom, hy soek musiek in die plekkie van ons.

Later sien ek toilet wil nie water gooi. En weet ons het ‘n waterprobleem toe die kombuiskraan ook traag is om haar werk te doen. En toe besluit ek om sommer ook die ligte te toets. Voordat mens onnodig ‘n landlord kontak. Niks!

Dié sou ek in die RSA al geweet het toe die Apple TV afgegaan het, want met RSA load shedding was my Mac 🖥 dan ook kragteloos. Maar sy het weens haar grootte tuis agtergebly. En my skootrekenaar is nie soos ‘n skoothondjie nie. Sy het vir lank daarna krag, waarom sou sy my waarsku dat die krag af is?

Buite in die gang is dit donker en die hysbak werk ook nie. Dus probleem in gebou en nie net by ons nie. En dit laat my wonder?

Is die load shedding nie ‘n bydraende faktor tot Suid-Afrikaners se houding om die fout by ander te gaan soek nie? Ek meen, daar het ek geleer om eers te luister of die hoofhek se generator brom voordat ek in my eie huis na die oorsaak van kraglooswees gaan soek het. En weens die daaglikse wanprestasie van Eskom, was dit nie een keer my skuld dat ek sonder krag was nie. Dus, waarom sal ek fout by my soek as dit nooit my skuld was nie?

Hier is krag. Altyd. As myne af is, moet ek die probleem eers in my eie huis soek. Dan buite my plek na ander wat die skuld daarvoor kan dra.

En die oorsaak is vandag buite my huis. In die hele gebou hoor ons toe manlief die landlord kontak. Tot 5 vanaand. En ja, dit is ook my skuld dat ek nie weet nie. As ons aankondigings onder kon lees of kon verstaan, sou ons geweet het ons is die hele dag sonder krag en water.

Manlief het die kennisgewing gesien, ons verstaan net nie Russies nie …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

25 gedagtes oor “Kragloos in Qazaqstan

  1. Ai tog, ja dit is glad nie lekker om heeldag sonder krag en water te wees nie, en Ma sê sy is seker simpel maar hulle kon darem seker die aankondiging in engels ook geplaas het vir die van julle wat nie Russies verstaan nie, dit kon verstaan het, of is hulle nie gepla nie? Of die landlord kon ook maar net laat weet het né?

    Like

      1. My jinne! Ek sou dink dat Engels oor die wêreld bekend sou wees. Ek en Ma het maar engels en afrikaans grootgeword, so dis nie vir ons vreemd nie maar by die huis is ons afrikaans en as ma omgekrap raak dan praat sy Viking en sommer vlot ook. Ek krap haar nie om nie, so sy praat nie Viking met my nie.

        Ek dink nogals Ma sal ook daarvan om Russies te leer maar dis moeilik as jy nie rerig russiese mense ken om op te oefen nie, so jy is gelukkig in daardie opsig. Geniet jou lesse. 😀

        Like

          1. Ek kan net dink. Ek het ma al probeer my taal leer maar sy sê dis te moeilik. Sy verstaan darem gelukkig my lyftaal en ek dink partykeer kan sy my gedagtes lees, want sy weer presies as ek dalk nie lekker voel of as ek iets wil hê. Jy sal weet wat ek bedoel want ek is seker jy en jou kinders is ook so. 😀

            Ja, asseblief. Dit klink na ‘n baie interessante taal en jy vertel alles so oulik. Dis lekker om hier by jou te kuier. 🙂

            Like

          2. Ag, baie dankie. Jy is ook baie oulik en jou kinders ook. Ek wens hul kon hier kom kuier het. Hul sal die see vreeslik baie geniet. 😀

            Like

          3. Jong, daar hou ek hulle ver weg. Die keer wat BB saam was, nog voor sy kinders gehad het, het sy erg gekoek. Ek moes haar hare afskeer om haar reg te kry. Maar, hulle kan swem. Moes leer omdat ek ‘n swembad het

            Liked by 1 person

          4. Hahahah! Ag nee, as jy elke dag ons hare borsel is dit geen probleem nie, maar nouja, jy het 4 kinders, so ek kan dink dat dit bietjie van ‘n probleem sou wees. Ma borsel my partykeer sommer 3 keer ‘n dag.

            Toe ons in Hartbeespoort gebly, het ons bure langsaan gehad met Schnauzers en hulle het dit so geniet om in die dam te swem. Hulle is nie so grillerig vir water soos ek nie. 😁😅

            Like

          5. O ja, ek is hoor. Ek verdra maar my weeklikse bad en sal so nou en dan in die lagoon speel maar net as ek maatjies het, maar ek gaan nie in die see nie. Ma ook nie. 😅

            Like

          6. O ja, ek en ma ook. Ons kan vir ure die branders sit en kyk, maar ons gaan glad nie in nie. Pa is lief om in die see te gaan lê en dryf. Ma sê sy soek niks van daai gegooiery nie en die see is nie iets om mee te speel nie. 🙂

            Like

          7. Ek kan nie dink hoe sleg dit sal wees nie en pa sê altyd die visse pp ook in die water. 😂

            Ag nee, dis vir ons niks anders as enige ander plek nie. Ma sê dit maak nie saak waar sy is nie, solank sy net vir ons het. Ons het ook vir baie jare sonder die see gewees maar Ma mis haar Hartbeespoortdam en apies. Ons kan hier glad nie gaan loop as dit warm is nie want daar is nie bome by die see nie. Die son brand kwaai, so ek en ma is nie lief vir die hitte nie. Nou is dit gelukkig winter, so ons geniet dit baie. 🙂

            Like

          8. Harties? Laat jy my na my sus verlang, maar sy het Ausieland toe getrek! Ek stem saam, die son is nie mens se maat nie. En jy het dik hare! Hier word dit somer. Net drie maande, dan kry ons weer koud …

            Liked by 1 person

          9. Harties ja. Ma is baie lief vir daai dam, maak nie saak wat mense sê nie, en daar is lekker koeltebome en tafeltjies by die oewerklub waar mens kan ontspan en braai en ma het ook die wilde aapkinders gehad wat gereeld kom eet het daar en baie spinnekoppe en goggas.

            Hier is dit partykeer so warm dat al die goggas wegkruip, maar ma kla nie. Sy kan net nog nie verstaan hoe die mense so op die strand in die warm son kan lê nie. Die son kan baie gevaarlik wees en ja, met my dik hare kan ek gou warm kry en dis hoekom ek hou van die lekker koel weer. Gelukkig bly ons in die huis as dit baie warm is, dan lê ek op die koel teëls of onder die waaier. Ek sal hou van daai koue. Jy is gelukkig. 🙂

            Like

          10. Ek kan my indink want dis baie kouer as hier. Selfs nou nog is dit nie koud by die see nie. Die seesand is baie koud in die oggend maar deur die dag bak dit warm, darem nie so warm soos in die somer, maar ons lief dit. Ma sê sy sal glad nie Dubai toe wil gaan nie. Dis mooi daar maar nee dankie. 😀

            Like

    1. Almal praat Russies, maar ja! Die een tannie het vandag gesê ek moet by haar kom tee drink! En ek het haar verstaan. Sy
      sal my kan red. Dit gebeur egter een keer per jaar. As dit gebeur. Voel sleg om dit te skryf, RSA het gesukkel met krag toe ons daar weg is.

      Liked by 1 person

      1. Ons kry telkens sulke probleme hier, maar ‘n mens leer om paraat te bly en jou lewe sò te reël dat jy minder ongerief ondervind. Ek voel ook sleg om selfs dít te sê, want die armstes onder ons ly natuurlik altyd die ergste. Duisende mense in Suid-Afrika het steeds nie toegang tot elektrisiteit en skoon water nie.

        Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.