Gepubliseer in Reisjoernaal

Spoed- en padreëls in Qazaqstan

Qazaqstan het interessante spoed- en padreëls en bykans almal gehoorsaam dit.

In Qazaqstan ry jy aan die regterkant van die pad. Volgens manlief is dit makliker …

Ek weet nie of ek hier wil bestuur nie, voetgangers het voorkeur. Hulle kyk nie links of regs nie, hulle stap net by voetoorgangtekens oor die pad! As jy een raakry, word jou lisensie vir een jaar lank ingeneem! As daar ‘n robot is, lyk dit so!

En werk dit vir voetgangers soos vir motors. As hy rooi is, stop jy!

As daar nie ‘n robot is nie, lyk dit so, met twee lyne wat wys waar mens moet oorstap. En jy moet binne daai lyne bly!

Ek vergeet om te noem. Hier maak mens op padtekens staat en loop jy van die een voetoorgangerteken na die ander een oorkant jou. In die winter is die paaie toegesneeu en kan mens nie lyne op paaie sien nie.

Ek het egter gisteraand in ‘n smal straatjie zebra-strepe gesien.

Daar is nie borde wat die spoed op die hoofpaaie aandui nie. Die mense ken die reëls. Jy kan 110 km/h tot 130 km/h op hoofpaaie ry. As die pad dit toelaat. Hulle is tans besig om oral aan paaie te bou.

Op ander paaie buite dorpe kan jy 100 km/h ry.

Jy ry dus 100, 110 of 130 km/h tot jy die wit bord sien wat ‘n dorp of stad se naam aandui.

Dan moet jy 70 km/h ry tot jy die dorp ingaan. En dadelik, dus moet jy staiger ry tot jy 70 km/h by bord ry. Daar is blykbaar spoedkameras agter die borde!

Of totdat daar voetgangers is, dan moet jy 60km/h ry. In die dorp word spoed tot 60 km/h beperk. Uitsonderings word met ronde wit borde aangedui. Naby skole is dit 40 km/h. Sodra jy verby die skool is, is daar ‘n wit bord met drie dun rooi strepe dwarsoor. Daarna kan jy weer die dorp spoed, naamlik 60km/h ry.

Sodra jy uit die beboude gebied is, kan jy weer 70 km/h ry. Tot jy ‘n wit bord kry met die dorp se naam op en ‘n rooi streep daardeur.

Daarna kan jy weer 100, 110 of 130 km/h ry – afhangende van die soort pad waarop jy ry.

Daar is spoedvrate op die pad, maar hulle is minimaal. As hulle gevang word, en in Eastern Province is daar baie meer polisie op die paaie, is die straf erg.

Bestuurslisensies word ingeneem en kan na ‘n tydperk teruggekry word, afhangende van die erns van die oortreding.

Qazaqstan het ‘n 0-toleransie vir alkohol. Daar mag 0.00 pro mille drank in die asem wees. Niemand wat bestuur, drink nie. Die aangewese bestuurders drink koeldrank as ons uitgaan. Is dit nie wonderlik nie?

Alle bestuurders moet jaarliks derdeparty versekering uitneem. En alles word aan jou kar se nommerplaat gekoppel.

Elke eienaar van ‘n kar het ‘n kaart, bankkaart grootte, waarop die nommerplaat se nommer, die eienaar se id nommer en nog inligting is. Dié kaart lyk amper soos die nuwe ID-kaarte in die SA. Dit moet altyd by die bestuurder wees en alle boete word aan die nommerplaat gekoppel.

Ek skat niemand steel nommerplate nie. Mens weet nooit hoeveel boetes daaraan gekoppel is nie!

As jy jou kar verkoop, gaan jy met jou nommerplate na die registrasiekantoor van die verkeerspolisie. Handig dit in. En die nuwe eienaar kry nuwe nommer!

Wat is lekker hier? Mens kan sommer baie gaan rondry. Brandstof kos minder as R7.00 p/l. Mens moet egter seker maak dat jy by die regte plekke brandstof ingooi omdat gehalte verskil.

Hulle gooi nie by die sommer by die Sjinese in nie. Selfs al is die brandstof goedkoper!

Hier geld ‘n ongeskrewe reël.

You do not buy Chinese, you buy once, you buy twice!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

19 gedagtes oor “Spoed- en padreëls in Qazaqstan

  1. Ma sê hulle is baie slim om nie by die Sjinese te gaan koop nie en daai leuse is baie waar. Dit klink te wonderlik dat mense daar nie drink en bestuur nie. Suid-Afrika kan baie leer by hulle wat dit en die padreëls aanbetref.

    Pragtige foto’s en dankie vir die lekker vertelling. Ons geniet om so van ander lande te leer. 😀

    Like

      1. Ek hoop jy kan sommer gou weer vir hulle gaan kuier en lekker met hulle speel. Dan moet jy asb baie foto’s neem sodat ek vir hulle hallo kan sê. 😀

        Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.