Ghoema-klug

Ek begin vanoggend heel opgewonde luister na ‘n video-opname wat ‘n Afrikaanssprekende man van Bloemfontein gemaak het om sy veer in die hoed te gooi oor die Ghoemas, wat alte veel vir my soos Ghoeptas begin klink. Veral omdat MultiChoice by beide tog sooooo betrokke is. 


En toe begin hy die sangers beledig wat die funksie geboikot het. Volgens hom is dit tyd om saam te staan en nie te verdeel nie. Dit het my belangstelling in wat hy verder te sê het, net daar gestuit. Want is dit nie wat hulle begin doen nie? Saamstaan teen onreg wat gepleeg word? Moes al toe hy sy tirade begin met hy en vroulief het so mooi aangetrek om die pad Pretoria toe aan te vat. Volgens hom het hulle ‘n glansgeleentheid bederf. Vir wie? Omdat minder mense hulle mooi kleertjies kon sien? Wie sou gekyk het? Dit gaan nie oor hom en sy vrou nie.


Dit gaan oor MultiChoice wat ‘n benoeming laat onttrek het. So kort voor die funskie. Waarom? Die enigste logiese verklaring is dat hulle geweet het dat Die Land gewen het. En dat die organiseerders geweet het dat die wen te groot is dat die uitslag geloofwaardig sou wees as Die Land nie gewen het nie.


Na dese kan die uitslae van hierdie kompetisie nie meer geglo word nie. Hoeveel ander ‘wenners’ was tweede of derde plekke omdat MultiChoice ‘n vendetta teen die wenner het? Die verskil in punte was dalk net te klein om nie ‘n massiewe probleem te veroorsaak as troospryswenners wen nie. Ek skat die uitslae van die Ghoemas moet geoudit word. 


Dus sê ek vir die oom wat die video gemaak het. Jy ken ons Afrikanervolk baie sleg. Ons kruip nie by geleenthede in waar ons mede- Afrikaanssprekendes geboelie word nie. As ons beste werke onttrek word, is dit nie ‘n glansgeleentheid nie. Dit is ‘n klug. 


En hy is welkom om die volgendes te gaan bywoon en sy kleertjies af te show. Het hy sy mond daar oopgemaak en gesê dat dit ‘n klug is? Ek is trots op ons sangers wat hulle rug styf maak. Vir geregtigheid. Want ons is trotse mense. ‘n Gekroek het ons nog nooit aangestaan nie. Daarom kan ons teen ‘n gekroekery opstaan!


Die proof gaan in die poeding wees. As nog mense soos hy voel, gaan die groepie van ons beste manlike sangers se loopbane vou. As ek reg is, gaan die verkope van hulle werke styg. Omdat ons nie verdeel is nie, maar juis saamstaan teen onreg wat gepleeg word. Eintlik moet ons vir die organiseerders dankie sê. Julle het ons oë oopgemaak. Die ghoemas het gekom en dit het gegaan. Dit sal nooit weer geloofwaardig wees nie ….

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.